stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Voel jy gevange?
As Pa ons soms hok...
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Wetende dat daar enkele wilde rotte in die omgewing is, berei Stof mos een van sy woon hokke, voor as vanghok. Hy het 'n voŽltjie hoor fluit dat die bure gif vir hulle uitgesit het. Dit gebeur toe dat hy twee van die drie gevang kry. Dis egter met leedwese dat hy raporteer, die derde een word die volgende middag, vergiftig op die grasperk vind.

Vra jy dan nou vir Stof, waarom moeite doen om die "peste" te vang. Stof het mos 'n sagte plekkie vir ander skepsels ook. Hy weet dit is nie hulle skuld dat hulle gebore binne 'n bepaalde spesie nie. Daarom sien hy nie altyd die nodigheid om elke spesie se skeppingsdoel te verstaan nie, maar desondanks, respekteer hy hulle vir dit, wat hulle geskep is. Dus hoop hy dat hy darem enkeles kan vang voor hulle vergiftig word en wegneem veld toe, sodat hulle die geleentheid mag hÍ om 'n vol lewe te mag hÍ.

Die tweetjies beland toe in een van die woonhokke. Synde 'n kleinerige hok, waarskynlik nie juis hulle gunsteling ruimte nie. Dit blyk toe dat hulle elke keer as iets of iemand naby die hok kom, selfs een van die mak rotte, dan raak hulle histeries. 'n Doodse vrees vir enige-iets wat hulle nie ken nie. Die begrip dat die bakkie met water bedoel is om te drink, sodat hulle nie dehidreer nie, verstaan hulle nie. Hulle val die bak aan, verskeur dit tot flenters en laat so hulle drinkwater verlore gaan. Later kos dit Stof om 'n paar keer per dag 'n ysblokkie in die hok te sit, sodat hulle darem op een of ander manier vog kan inkry. Aanvanklik het hulle die ysblokkie ook aangeval. Dan verward teruggeskram as hulle met die koue ys te doen kry. Dit het 'n wyle geneem voordat hulle besef het hulle moet die blokkie aflek, dan het hulle drinkwater. Van daar af gaan dit beter. Nou is dit hopelik net twee nagte nog vir hulle op hok, dan kan hulle veld toe gaan en 'n vry lewe in die oop ruimtes gaan voer.

Vra jy mos nou, wat het Stof se obsessie met knaagdiere met my te doen?

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

As jy tot hier toe gelees het, is jy op die punt om die rot-deel van jou eie bestaan te ontdek.

Dikwels word ons bedreig. Ons is egter so besig om ons bestaan te voer dat ons dit nie weet nie of bloot verkies om dit te ignoreer. Ons skarrel dag vir dag uit gewoonte agter gebruike aan wat nie noodwendig almal ewe rasioneel is nie. Maar dit is hoe ons gekondisioneer is deur 'n bepaalde raamwerk rondom ons. In hierdie raamwerk is daar dikwels bedreigings, die buurman se gifbakkie. Maar dit is ons gemaksone en ons ploeter ewe roekeloos daarin voort.

Ons liefhebbende Vader sien dan dat ons besig is om ons skeppingsdoel te mis en onsself skade aanrig. Hy sien ons gaan nie self aanpas voordat dit te laat is nie. Dan is dit Sy tyd om in te gryp. Hy vang ons elkeen dus op 'n unieke manier wat Hy goeddink, om ons te weerhou om die gevaarpunt te bereik. Ons is egter so besig om ons gejaag na wind te voer, dat ons onsself dan dikwels vir Hom vervies. Hy as ons Skepper is egter lief vir ons, en sal nooit 'n las wat te swaar is, vir enige van Sy skepsels oplÍ nie. Daarom sal Hy ons versorg in die tyd wat ons tot ruste genoop word. Hy sal vir ons water voorsien, sodat ons nie dehidreer nie. Hy sal die bakkie onder ons neuse neersit, sodat ons nie hoef te sukkel om dit te vind nie. Maar ons is nog vol rebellie. Ons is kwaad vir Hom oor die tyd wat Hy toelaat. Daarom sien ons in ons vlaag van agressie nie die water raak nie en val die bakkie aan, totdat dit aan flarde is en al die water verlore is. As ons daarna skielik dors is, verwyt ons Hom weer omdat hy dan nie sou voorsien nie. Dan kom Hy in Sy liefde en bied vir ons 'n alternatief. Dalk minder aangenaam, maar met 'n mate van 'n waarborg dat ons tog vog sal inkry. Maar omdat die ysblokkie koud en hard is, rebelleer ons daarteen ook. Mettertyd is die dors so groot dat ons tog die vreemde item ondersoek, en meteens agterkom dit is water. Ons hoef net te lek, en selfs meer water as wat ons nodig het, sal vrykom. Tog bly ons rebelleer. Waarom laat 'n liefdevolle God hierdie beproewing toe. Ons verlustig ons so in ons rebellie, dat ons nog steeds nie die buurman se gifbakkie raaksien nie. Dat ons steeds nie besef, dat as dit nie was dat ons gevang is nie, ons nou dood sou wees weens die gif.

'n Dag later gaan die hokkie oop. Op 'n plek wat anders lyk. Maar dit lyk so aantreklik. Dit voel of ons al lankal hier moes wees. Dit is die oomblik wat Vader ons vanghok in die veld oopmaak. Dit is dan wat ons die oopte en vryheid wat Hy vir ons bestem het, ontdek. En enkele dae later is die dag of drie se tydperk in die hokkie, vergete en verlustig ons onsself in ons nuwe ideale omgewing. Sommige van ons mag dan dalk die genade daarin raaksien, ander sal bloot net selfsugtig die guns wat op hul uitgestort is, as hul eie goeie beplanning opeien.

Van ons is al deur die hokkie episode. Van ons het meer, ander het minder gerebelleer. Van ons is nog nie daardeur nie en moet dalk sommer nou kennis neem dat dit dalk mag kom.

As jy een van die geseŽndes is wat reeds jou hokkie tyd gehad het, het jy al dankie gesÍ vir die pragtige uitkoms wat vir jou gemanifesteer het? Het jy al jou rebellie tydens hierdie tydperk, bely? As jy het, weet dat Vader oor jou glimlag en weet, jy is op die pad, wat Hy vir jou beskik het.

As jy egter nog nie 'n hokkie ervaring gehad het nie, neem kennis dat dit enige tyd, enige plek, jou voorland kan wees. Leer dan hieruit dat rebellie dit nie makliker gaan maak nie.

As jy egter besef jy is oppad na die gifbakke, en self voor Vader buig, mag Hy dalk jou geestelike volwassenheid raaksien, en jou die hokkie-ervaring spaar. Wees dan oop vir die inspraak van Sy Heilige Gees, sodat dit wat jy in jou lewe aanpas, dit sal wees wat Hy vir jou beskik het.

Sit dus 'n oomblik stil, en raak sensitief vir die Heilige Gees se inspraak. Bedink oor waar jy val in hierdie scenaria wat hier geskets is. En doen dan dienooreenkomstig, dit wat Hy vir jou as beste beskik het.

As jy onseker is, raadpleeg 'n Geesvervulde vertroueling, en kniel saam voor Pa.

Jy sal verstom staan oor die Guns wat Vader oor jou wil uitstort. Neem dit, ongeag watter hokkie roete jou beskikking is, en loof Hom daarvoor.

Soli Deo Gloria

© Stof 2013/12/14
.