stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Jackie en Chrissie se vyfde huweliksherdenking
Pieter en Elsie maak die dag spesiaal
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Op 18 September 2007 is Jackie en Chrissie getroud.

Op 16 September 2012 het ons, al was dit 'n paar dae te vroeg, hulle vyfde huweliksherdenking gevier.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Chrissie is 'n vrou wat graag mooi wil lyk. Daarom het Elsie, 'n omgeemens wat haar graag wou bederf, 'n kassie vol mooimaakgoed saamgebring. Chrissie se hare is eers gewas met 'n warm water en 'n paar ander bederfgoedjies.



Elsie het dit egter nie net daar gelaat nie. Sy het haar skêr saamgebring en seker gemaak dat Chrissie ook 'n haarsny bederf kry.

'n Paar afrondings aan die kapsel om die bruid van vyf jaar gelede, weer soos 'n ware bruid te laat voel.


.

.

'n Paar finale afrondings aan 'n die kapsel.

'n Kleurtjie hier en daar, en die bruid lyk pure prinses!


.

.

Dink jy ook ek lyk nou soos 'n skoonheidskoningin nie?

Die bruidegom is egter nie afgeskeep nie. Daar het op hom ook 'n verrassing gewag...


.

.

'n Harewasbederf vir Jackie

Die skêr word ingelê en Jackie voel sommer baie ligter!


.

.

'n Tikke afrondingswerk aan die bruidegom...

Ontspanne na die haarversorgings-bederf.


.

.

Jan Plank, nog 'n gas, kry ook sy beurt.

Jan Plank saam met Pieter, nadat Pieter sy haredos weer onder beheer gekry het.


.

.

Jan Plank, Pieter, Pieter, Elsie, Chrissie, Herco, Jackie en Stof gereed vir die vieringe.

'n Feesmaal in proses.


.

.

Soos dit vorder, word die maal al hoe meer verleidelik.

'n Bekende by die potte: Chrissie geniet dit om weer haar hande te slaan aan kosmaak.


.

.

Elsie sit 'n hand by.

Jan Plank geniet sy maaltyd


.

Jackie en Chrissie word hiermee nog vele huweliksherdenkings toegewens. Hulle het daarin geslaag om deur goeie tye, maar ook deur bitter moeilike tye saam, daar te wees vir mekaar en mekaar onvoorwaardelik te ondersteun.

Aan ons Vader wat hulle soveel geseën het tot hier, al ons lof daarvoor. Aan diegene wat in gehoorsaamheid aan Hom, die nodige voorsien het om hierdie viering moontlik te maak, dankie vir julle gehoorsaamheid aan Sy stem.

Suiderberg Hoërskool het vroeër vanjaar, tydens Chrissie se verjaardag, ook uit hulle pad gegaan om hulle omgee te wys. Klik hier om meer te lees oor hierdie geleentheid en so in ons dankbaarheid te deel.

© Stof 2012/09/16
.