stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Briefie aan my boetie Muis
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting


















Vandag, 2013/12/25, en steeds het jy nie gereageer op die oorspronklike hand wat uitgereik word hieronder nie. Tog kies jy self om steeds jou gelykgeskape en genetiese boetie te haat, te ignoreer en jou uit die voete te maak as hy in dieselfde vertrek as jy kom. Stof gaan nie die inhoud van die brief hieronder herhaal nie, want dit is steeds presies wat hy vir jou wil sÍ. Jy, as Stof se enigste genetiese boetie is kosbaar vir hom. Jy, het 'n plekkie in sy hart wat net joune is, waar jy nie verjaag is nie, maar wat jyself ontruim het. Jy weet jy is enige tyd welkom om weer jou plekkie in te neem.
Lees dus die onderstaande brief van nagenoeg 'n jaar gelede, sorgvuldig, en moenie toelaat dat jou verwydering 'n dag langer duur nie.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Oorspronklike brief soos op 2013/12/30
Dit is vandag 2012/12/30. Jy het vroeg vandag reeds jou opwagting op die werf gemaak. 'n Gebeurtenis waarna ek gewoonlik uitsien, want ek weet, daardie stuk omgee vir jou boetie Stof sal nog die oorhand kry en jou noop om om jou arms oop te maak en tog vir hom te sÍ, jy is lief vir hom. Dat jy hom gemis het in die tyd dat jy, jou hart probeer toemaak het en so baie energie laat verlore gaan het, om hom soveel as moontlik te haat, te minag en te diskrediteer.

Toe ek jou kom groet het kort na 13:00 nadat ek teruggekom het van 'n geleentheid waar ek baie stof tot dankbaarheid beleef het, het jy my tog doelbewus probeer uit-inimideer. Deur 'n familielid se aandag so te kaap dat sy nie eers kon groet nie, en aan te hou babbel oor alledaagshede, het steeds vir jou gelykgeskape boetie probeer sÍ dat jy hom haat en minag. Al was daar later die dag 'n gefeinsde klank aan die laggie wat jy vir Sarie gegee het nadat sy gešriveer het, was dit tog goed om jou te hoor lag.
- Dit was goed om te weet een van die volgende moontlikhede het daar gemanifesteer:
1: Jy kan werklik nog uit die hart uit lag,
of
2: Jy kan lag so lewensgetrou feins dat sommige jou dalk nog mag glo...

My wens en begeerte dat jy daardie plekkie in my hart wat jyself ontruim het, self weer inneem, is altyd daar. Daardie plekkie, wat jyself ontruim het, sal nooit vir iemand anders gegee word nie. Dit sal nie verkoop, verpand, verruil of verhandel word op enige manier nie. Dit word instandgehou, sodat dit op enige gegewe oomblik, gereed sal wees om jou te ontvang.

Weet dus die volgende:
Jou boetie Stof is lief vir jou soos hy net vir 'n genetiese boetie kan liefwees. Hy sal nooit jou versaking van die nessie in sy hart net vir jou, teen jou hou nie. Hy sal daardie nessie, nooit aan iemand anders afstaan nie. Dit is joune, net joune. Joune om self weer te betrek, soos wat jy dit self ook ontruim het. Jou boetie Stof sal jou nooit terughaat en terug-minag nie, want dit is nie vir hom moontlik nie. Moet dus nie verder teen die omgee vir jou boetie wat in jou diepste wese steeds daar is. maar wat sy so hard probeer wegsteek en ontken, in verset kom nie. Doen jouself dus nou die guns om aan daardie roep diep binne in jou, gehoor te gee. En die oomblik as daardie maskerdop kraak, sal die bevryding wat jy ervaar, jou hele wese sů oorspoel en 'n gemoedrus in jou bring, dat jy sal wonder, waarom het jy dit nie al lankal gedoen nie.

Moet nou nie te lank wag om jou hartsnessie weer te betrek nie. Neem sommer nou die regte stap

Jou boetie, Stof

.