|
|

stof tot stof, stof tot nadenke: 'n stowwerige gegriffel
|
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!
|
Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!
|
| | | |
Sleepwa bedradingkleurkodes
Maak seker jou sleepwa en woonwa se diensligte is korrek bedraad
|
|
| | |
|
'n Sleepwa of woonwa is 'n baie nuttige voertuig wat jou lewe baie makliker kan maak. As jy dus so geseën is om die eienaar te wees van 'n gesleepte voertuig, is deel van jou verantwoordelikheid om die veiligheidstoerusting daarop instand te hou sodat die gebruik daarvan, nie vir jouself of enige ander padgebruikers, enige risiko's inhou nie.
Een van die belangrike veiligheidsfaktore wat bepaal hoe veilig jou gesleepte voertuig op die pad is, is die korrekte werking van die diensligte. Dit moet te alle tye in die korrekte kombinasies kan werk, en ook helder genoeg wees dat dit goed sigbaar is vir die padgebruiker wat agter jou voertuig ry.
Die minimum goedgekeurde standaard van die kabel wat gebruik moet word, bestaan uit sewe are. Ses van die are, naamlik die geel, blou, groen, bruin, rooi en swart, se deursnit-oppervlak moet elk 0.75mm2 wees. Die wit geleier, wat as aarding en terugvoer dien, se deursnit-oppervlak moet 1.5mm2 wees.
Vir voertuie wat besonder lank is, is daar ook 'n kabel beskikbaar waarvan die deursnit-oppervlak van die geel, blou, groen, bruin, rooi en swart geleiers, 1.5mm2 is. Die wit geleier se deursnit oppervlak is 2.5mm2.
Die wit geleier is gewoonlik in die middel van die saamgestelde kabel, met die ander ses daarrondom gerangskik.
Die 12V (12N7) sok en prop, en die 24V (24N7) sok en prop se buise en penne is verskillend gerangskik. Dit voorkom dat die stelsels wat van bedryfspanning verskil, nie aan mekaar kan koppel nie ter voorkoming van skade aan beide die sleepvoertuig sowel as die gesleepte voertuig se bedrading en toerusting. Beide standaarde gebruik egter een van die die gespesifiseerde kabels soos hierbo beskryf.
|
|
Deel dus hieronder in die tegniese vereistes van 'n veilige diensligstelsel, en verseker so, die korrekte werking van jou voertuig se diensligte.
Sok-Uitleg
Konfigurasie vir 12V voertuie (12N7)
Pen 1
Geel
Linker rigtingflitser
Pen 2
Blou
Reserwetoevoer (RSA)
Agterste mislig (Europa)
Pen 3
Wit
Grondverbinding
Pen 4
Groen
Regter rigtingflitser
Pen 5
Bruin
Regter parkeerligte
Pen 6
Rooi
Remligte - beide kante
Pen 7
Swart
|
Linker parkeerligte
| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |
Konfigurasie vir 24V voertuie (24N7)
Pen 1
Wit
Grondverbinding
Pen 2
Swart
Linker parkeerligte
Pen 3
Geel
Linker rigtingflitser
Pen 4
Rooi
Remligte
Pen 5
Groen
Regter rigtingflitser
Pen 6
Bruin
Regter parkeerligte
Pen 7
Blou
|
Rembeheer
| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |
| | | | |
Vorige standaarde
Hieronder is 'n weergawe van die vorige standaarde sodat dit maklik behoort te wees om 'n voertuig wat steeds op hierdie kodes bedraad is aan te pas na die jongste vereiste. Hierdie kodes is egter nou heeltemal in onbruik en moet nie gebruik word nie. Dit word slegs voorsien ter inligting om omskakeling te vergemaklik.
Sok-Uitleg
12V standaard voor 1981 (12N)
Pen 2
Swart
Parkeerligte
Pen 3
Wit
Grondverbinding
Pen 5
Blou
Linker rigtingflitser
Pen 6
Rooi
Remligte
Pen 7
Bruin
|
Regter rigtingflitser
| | | | | | | | | | | | | | | | | | | |
Die kabel wat gewoonlik hier gebruik was, het bestaan uit vyf are van 0.75mm2 elk
24V standaard voor 1981 (24N)
Pen 2
Swart
Parkeerligte
Pen 3
Wit
Grondverbinding
Pen 5
Blou
Linker rigtingflitser
Pen 6
Rooi
Remligte
Pen 7
Bruin
|
Regter rigtingflitser
| | | | | | | | | | | | | | | | | | | |
Die kabel wat gewoonlik hier gebruik was, het bestaan uit vyf are van 1.5mm2 elk
| | | | |
Nuttige notas:
In die inleiding is verwys na die verskil in ordening van buise en penne tussen die 12V en die 24V sokke. Deel hieronder in die detail:
|
|
Samestelling van die 12N7 sok:
Pen1 = buis
Pen2 = veerpen
Pen3 = buis
Pen4 = buis
Pen5 = veerpen
Pen6 = buis
Pen7 = veerpen
|
Samestelling van die 24N7 sok:
Pen1 = buis
Pen2 = buis
Pen3 = buis
Pen4 = buis
Pen5 = buis
Pen6 = buis
Pen7 = buis
| |
|
|
Samestelling van die 12N sok:
Pen2 = veerpen
Pen3 = buis
Pen5 = veerpen
Pen6 = buis
Pen7 = buis
|
Samestelling van die 24N sok:
Pen2 = buis
Pen3 = buis
Pen5 = buis
Pen6 = buis
Pen7 = buis
| | | | |
Die propuitleg sal natuurlik net die teenoorgestelde wees van die sokuitleg, met die doel dat die twee suksesvol in mekaar moet pas.
|
As hierdie onderwerp jou nou so interreseer en jy wil die detail hiervan volledig bestudeer, kan jy die kode SABS 1327-1981 by die SABS aankoop. Hierdie publikasie van een en twintig bladsye, bevat elke ontwerp en toetsdetail van koppelstukke en bedradingskodes vir gesleepte voertuie.
|
| | |
|