Stof gesels sopas mos met Megan by Leonard Juweliers. Tegnies is haar diens soort van aanvaarbaar. Maar wat maak dat Stof gaan probeer om elders geholpe raak, is haar luister en kommunikasie vaardigheidsgebrek. Na 'n derde keer se herhinder dat sy naam Stof is, het sy bly voortkarring om hom meneer te noem. Dit is 'n baie wrede manier om iemand wat inskakel, op 'n afstand te hou en deur frontformaliteit, 'n beeld van meerderwaardigheid te probeer skep.
Stof het gehoor haar werkgewer het 'n goeie reputasie. Dit is waarom hy eerstens die oproep gemaak het. Maar as die eerste lyn van kontak deur afstandskeppende telefoonetiket, klante afskrik, dan is dit in wese die hele maatskappy wat skade ly.
Mag hierdie hartsdeel, jou herhinder daaraan dat elke mens wat jou pad kruis, 'n gelykgeskape medeskepsel is. Mag dit jou herhinder dat daardie mens, dalk gestuur is as 'n antwoord op gebed. En dan, gebeur dit so dikwels, dat die waarde wat daardie gelykgeskape medeskepsel, tot jou lewe kon voeg, verlore gaan weens menslike sosiale vooroordele.
Klik hier om te deel in 'n artikel oor 'n soortgelyke dolksteek.