stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

'n Getuienisreis deur wonderwerkende voorsiening.
Vader voorsien en satan kry al weer siepsop en braaiboud.
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Enkele dae gelede bevind Stof hom by omgeemense. Mense wat te midde van hulle eie uitdagings, ryklik insaai in verskeie aspekte van ander se lewe. Te midde van 'n situasie wat ander heeltemal sou laat opgee, pak hulle elke dag met die wete, Vader sal voorsien.

Sonder dat hulle op enige menslike manier daarvan te hore kon kom, word hulle mos die antwoord op een boetie wat op hede spook om 'n unieke stel uitdagings te bowe kom. Die afgelope paar weke smeek ons mos intens voor Vader dat hierdie boetie vir wie ons bid vir 'n voertuig, se vervoerprobleem permanent opgelos moet word. En meteens, op daardie oomblik by die omgeemense, maak hulle die aanbod: Hulle het 'n voertuig wat hulle wil saai. 'n Oomblik later word die oproep gemaak, en die aanbod word aanvaar.

Hierdie aanbod het egter 'n kinkel. Die voertuig se ligging is onbekend. So begin Ontvanger en Stof dus 'n smeking dat Vader die opsporingsproses moet maklik maak. Dit is net hier, waar guns en genade feitlik onmiddelik in oorvloed manifesteer en die menslik onmoontlike, met mening in werking kom.

Laatoggend die volgende dag, die twintigste Februarie 2015, vertrek Stof en Ontvanger, met slegs die registrasiesertifikaat en Ontvanger se identifikasie gewapen, na die polisieskut waar hulle vermoed die voertuig mag wees. Daar aangekom, word hulle verwys na 'n Boetie Mostert. Hy stap sommer dadelik die tweede myl, doen 'n netwerksoek. Hierdie soek wys dat die voertuig nie by hulle is nie. Maar hy doen sommer in dieselfde asem, 'n soek na enige rekords wat die voertuig mos hÍ, sodat ons kan weet as daar dalk uitstaande verrassings sou wees. Die soek toon dat die voertuig steeds geregistreer is, dat daar geen boetes uitstaande is nie, en geen rekord van enige ongeruimdhede, rondom haar op rekord is nie. Hy verwys ons na die munispale verkeersafdeling en verduidelik sommer vir ons die beste pad om daar te kom ook.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Oppad uit sy kantoor uit, is ons dankbaar, want Vader het ons vandag geseŽn om bedien te kon wees, deur een van Sy prima gestuurde engele. Sy misie om deel van die oplossing, en nie deel van die probleem te wees nie, is benydenswaardig. Mag sy kollegas, hom as voorbeeld neem en daarna strewe om hulle werk met dieselfde Jesus-gesindheid te doen. Stof se wens is dat Boetie Mostert se seniors deeglik kennis neem van sy toegwyde diens en sy bereidheid om gelykgeskape skepsels, soos ware gelykes te hanteer, en dienooreenkomstig teen meriete-tyd, iets tasbaars daarvoor in sy hand te stop. Maar Stof se bede is veral dat Vader self vir Boetie Mostert sal raaksien, en hom in elke aspek van sy lewe, te seŽn met dit, wat sy diepste hartsbegeerte mag wees.

Die volgende besoekpunt is die munisipale voertuigskut, soos wat Boetie Mostert aanbeveel het. Daar kruis ons paaie met nog twee broers wat werklik gestuurdes is. Broers Promnitz en Nel, bevestig dat die voertuig by hulle is. Hulle gaan wys ons feitlik dadelik waar die voertuig staan. En die voertuig is in goeie toestand. 'n Paar kleiner dinge ontbreek, maar dit is mos maar skut-tradisie... Ontvanger is stomgeslaan oor die grootheid van die gawe. Boetie Promnitz stap saam met ons na die kantoor. Terwyl Ontvanger en Boetie Promnits in sy kantoor gesels, bid Stof vir uitkoms. Stof se oog vang 'n kennisgewing wat stoortariewe aandui. Die tarrief is R52.00 per dag. Voertuig, is amper 'n jaar daar. En toe bid hierdie stowwerige takhaar eers. Minute later kom Boetie Promnitz en Ontvanger uit die kantoor. Albei in gemoedelike gees. Hulle het al die stoorkostes afgeskryf gekry, en benodig net 'n afskrif of twee van bepaalde dokumente, sowel as 'n verklaring van die skenker. Dan kan ons die voertuig sommer die volgende dag kom haal.

Die strome van seŽn hou steeds nie op nie. Die skenker is juis daardie aand beskikbaar en Stof maak 'n afspraak. Daardie selfde aand is die verklarings afgehandel, en omdat Stof self 'n kommisaris van ede is, hoef ons nie tyd te verspil om ander owerhede vir die nodige amptelike prosedures te gaan opsoek nie. Teen 20:00 die aand, is al die verklarings voltooi, gestempel en geteken. En in Stof se hand, word twee volledige stelle sleutels van die voertuig voorsien.

Die volgende oggend Laai Maggie vir Stof en Ontvanger op, gewapen met die nodige sleeptoerusting. Ons vertrek, hierdie keer gewapen met die nodige afskrifte en verklarings soos wat Boetie Promnits nodig het, byderhand, na die voertuigskut. Ons word weereens vriendelik ontvang. Boetie Promnitz is summier diensgereed en lyk sommer lus om deel van die antwoord te wees. Hy begin die nodige voorbereidings om haar paadjie tussen die ander voertuie deur oop te kry. Boetie Nel hanteer die dokumente. Ontvanger en Boetie Nel bestee sowat twintig minute om die amptelikhede af te handel terwyl die insleepvoertuie die ander voertuie wat die geskenkte voertuig inhok, rondskuif om haar te bevry. En meteens, is sy vry. Sy word aan Maggie gekoppel haar met 'n sleepstang en 'n stel sleepligte.

Die duiwel bly mos maar listig, en hy probeer mos sy ou aandeeltjie bewerk. Die ou het duidelik nie daarvan gehou dat Vader se seŽn so tasbaar oor twee dae in Ontvanger se lewe moes wees nie. Die een wiel is pap. Maar satan het egter nie rekening gehou daarmee dat Vader die oggend reeds in Stof se oor gefluister het om 'n pomp ook in te laai nie. En so word die wiel gepomp. So het die satan weer bewys, hy is net wind, want al wat hy kon steel, was wind. Die wind wat hy probeer steel het, was egter gou weer in plek. Maar steeds hy is so dom dat hy nie besef hy is net wind nie, en ongeveer vier kilometer later is dit weer nodig om wind by 'n pompstasie te kry. En soos 'n donkie wat net nie leer nie, probeer die ou drommel weer die windtruuk. Die wiel bars. En terwyl die nodige wiel-omruilings gedoen word, stuur hy nog wind om hom gedienstig te probeer wees. 'n Boetie, by name Hannes, maak beswaar daarteen dat die geskenkte voertuig se wiel op die terrein van die pompstasie omgeruil word. Boetie Hannes word so erg deur 'n dowe en blinde gees gelei, dat hy nie 'n woord hoor van die getuienis rondom die voertuig nie. En gevolglik, ook glad nie bereid is om in die dankbaarheid te deel nie. Stof spreek toe lewe oor hom, soos ons opdrag is. Maar steeds is die gees wat hom beset, halstarrig, en hÍ te vertel dat die Prinshof-motors al twintig jaar bestaan en dat hy wat Hannes is, niemand vanuit enige dimensie se seŽn nodig het nie, want hy het alles self in sy menslike krag bereik. Te midde van wiele wat nie mooi oorkruis pas nie, voorsien Vader egter weer wonderwerkend en word daar met behulp van 'n besonder onwaarskynlike kombinasie van wiele (en seker baie komies vir die ander padgebruikers), wel 'n wiel met lug in aan elke naaf voorsien.

Nadat satan en Boetie Hannes na hulle winderige vloermoere die aftog geblaas het, ry ons 'n entjie verder na Ontvanger se woning. Maggie laat half hikkerig blyk dat sy 'n gedehidreerd is. Ons word egter weer so geseŽn om wel die volgende pompstasie te haal, waar 'n engel haar met R50.00 se vloeibare versnapperings seŽn. Vandaar af 'n insidentlose rit tot by Ontvanger se woning. Die voertuie word ontkoppel. En Stof en Ontvanger word bederf met 'n verfrissende koeligheidjie uit Ontvanger se vrou se hand.

Intussen laat weet die skenker dat hulle nog dinge wat nodig is vir oordrag, sowel as 'n derde persoon wat daarin 'n inset moet lewer, opgespoor is. Elke party wat deel van die oordrag moet wees, laat blyk dat hulle hulle beste sal doen om dit maklik te laat verloop. En so, eindig 'n dag vol seŽn. 'n Dag waar daar voorsien is in die die menslik onmoontlike in elke deel van die transakie. En engele, Mostert, Promnitz en Nel, wat die aardse gesante was, om hierdie wonderwerk-simfonie so perfek te dirigeer.

Na 'n reeks wonderwerke wat so styf ingepas is in net twee dae, is dit dus in plek om lewe te spreek oor elke party wat gehoorsaam genoeg was was om deel daarvan te word.

Boetie Mostert van die Polisie se voertuigtak: So baie van jou kollegas gee jou tak 'n swak naam deurdat hulle passie vir hulle werk ontbreek. Maar vandag eer Stof jou vir die tweede myl. Vir die flinke opsoek van die inligting wat ons op die netwerk nodig gehad het, baie dankie. Vir die verdere nagaan van die voertuigstatus, ons opregte waardering. Vir die ekstra myl deur ons dadelik na die regte skut te verwys, die kersie op jou dienslewering-koek. Mag jou menslike bestuur jou teen bonustyd raaksien hiervoor. Mag Vader self, jou aanraak op elke gebied waar jy dalk sake voor Hom gelaat het waar jy uitdgings in jou lewe mag beleef.

Boetie Promnitz van die munispale voertuigskut: In 'n saak waarin soveel lastighede kon voorkom en stoute geeste maklik 'n amptenaar kon beÔnvloed om sommer net vol draadwerk te wees, het jy gekom vir Ontvanger as jou gelyke hanteer. Jy het saam gesoek na die voertuig en toe dit gevind word, moeite gedoen om die administratiewe proses te vereenvoudig sodat Ontvanger die hele proses as pynloos ervaar het. Ek deel ook met jou, die seŽnwens soos hierbo: Mag jou menslike bestuur jou teen bonustyd raaksien hiervoor. Mag Vader self, jou aanraak op elke gebied waar jy dalk sake voor Hom gelaat het waar jy uitdgings in jou lewe mag beleef wwar jy Sy hulp gevra het.

Boetie Nel, ook van die munisipale voertuigskut: Nadat jou kollega die proses so soomloos geÔnisieer het, het jy die administratiewe deel van die saak, met 'n opvallende misie om die dinge vir Ontvanger maklik te maak, hanteer. Dankie dat jy Vader se stem gehoor het en Ontvanger so geseŽn het deur jou kennis en jou outoriteit te gebruik om die pyn uit 'n potensieŽl pynlike proses te haal. Daarom deel ek ook met jou, hierdie seŽnwens: Mag jou menslike bestuur jou teen bonustyd raaksien hiervoor. Mag Vader self, jou aanraak op elke gebied waar jy dalk sake voor Hom gelaat het waar jy uitdgings in jou lewe mag beleef wwar jy Sy hulp gevra het.

Aan Broers Mostert, Promnits en Nel se bestuur: My vertroue is dat Vader julle visie sal oopmaak om hierdie beamptes se toewyding raak te sien, Dit is dienslewering soos hulle s'n, wat weer die beeld van die betrokke instansies herstel en die klante se vertroue in dienslewering, weer kan laat opvlam. Moet dus nou tog nie suinig wees nie, en doen wat julle moet doen teen bonustyd. Wees besonder sensitief vir leiding van die Heilige Gees oor hoe ruim, om hierdie broers te seŽn.

Ontvanger, my gebed vir jou is vir die voorsiening in elke enkele uitgawe wat die voertuig finaal in diens sal plaas, sowel as die administratiewe kostes en elke ander behoefte wat jyself voor Vader geplaas het.

Anna, die direkteur van Pikkewyn Registrasie: Anna gaan van hier af die administratiewe proses vir die finale oordrag orkestreer. Mag Anna ook hierin, oop deure en bomenslike guns beleef. Mag haar bereidheid om deel van hierdie voorsieningswonder te wees, ruim beloon word. Mag ook elkeen van haar smekinge voor Vader oor elke ander saak in haar lewe wat sy voor Hom gelaat het, soet klink in Sy oor en met guns beantwoord word.

Boetie Hannes by Prinshof-motors: Ons ken mos die geesteswÍreld. Ons weet die manifestasie wat vandag deur jou plaasgevind het, weerspieŽl nie die ware jy nie. Dit was bloot 'n poging van satan om hierdie seŽnvolle dag rondom 'n wonderwerk-voertuig, te probeer ontspoor. Daarom is daar geen kwade gevoelens op menslike vlak nie. Jy was bloot net op die verkeerde tyd op die verkeerde plek, en die goggageeste het dit uitgebuit. En al wou die gees wat gemanifesteer het tydens die vloermoer nie seŽn of lewespraak in jou lewe ontvang nie, word dit hier publiek uitgespreek oor jou. Mag die geestesgoggas wat jou probeer oortuig dat die pompstasie se sukses menslike toedoen is, WYK, en die ware dankbare JY, wat Vader se guns op jou lewe sal kan raaksien, na vore laat kom. Mag Hy Sy seŽn wat Hy tot op hede oor jou en jou pompstasie gegee het, volhou, en mag Hyself 'n kokon om jou, en die pompstasie spin wat enige geestesgogga sowel as goggas in aardse dimensie wat jou wil skade aandoen of in gees of vlees van jou wil steel, uithou. Mag jy weet, jy as gelykgeskape medeskepsel, is Vader se seŽn waardig. Neem dit net, en jy sal verstom staan oor die omvang daarvan.

Aan Maggie vir die voorsiening van die sleepgeleentheid en die verwante vervoergeleenthede: Mag daar ruim in elke behoefte wat jy op die oomblik subtiel en soms ook minder subtiel, laat blyk, voorsien word. Mag daar dag en nag 'n Christus-kokon om jou wees, wat enige onheil of steuringe van enige aard in jou werk, van jou sal weghou. Mag ons wat die voorreg het om van jou bereidwilligheid gebruik te maak, jou opreg waardeer.

Aan die skenker: Jou versoek om anonimiteit word gerespekteer. Dit word ook ten volle verstaan, want dit spreek daarvan dat jy weet hoe om Mattheus 6:3 in praktyk toe te pas, iets wat so min ander verstaan. Daarom sal jy weet wie jy is as hier vanaand 'n dankie vir jou gehoorsaamheid aan Vader uitgespreek word. Mag Vader se ruim seŽn en guns, tasbaar in jou en jou gesin se lewe manifesteer, tot getuienis van vele ander.

Ons dank aan Vader self: Uself het hierdie hele proses al lankal beplan. Uself het die seŽn en guns daarop self aanmekaargesit soos geen skepsel kon nie. Van die leiding in die skenker se hart, elke proses tussenin, tot en met vanaand waar die voertuig reeds op Ontvanger se werf is, sowel as die afhandeling van die sake wat nog volg rondom die indiensstelling en administrasie van die voertuig. Elke greintjie eer wat menslik moontlik is om aan U op te dra, is vanaand op hierdie outjie se lippe en in sy hart. Dankie dat U so tasbaar wys hoe lief U vir U skepping is.

Mag hierdie getuienis, weer hoop bring aan elkeen wat al begin twyfel het, te midde van moontlike sinkplaatpaadjies wat hulle dalk op die oomblik met menslike owerhede loop. Mag hierdie getuienis, elke leser aanraak om Vader onvoorwaardelik te vertrou en te weet, NIKS is vir Hom onmoontlik nie. Jesus het reeds die prys vir elke stukkie guns betaal wat reeds ontvang is en nog te ontvang is. Dit kan joune wees.

Soli Deo Gloria!

© Stof 2015/02/20
.