|
|

stof tot stof, stof tot nadenke: 'n stowwerige gegriffel
|
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!
|
Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!
|
| | | |
Anastasia word geseën deur Vader
Hy wil jou ook seën. Laat Hom net toe...
|
|
| | |
|
Anastasia deel die twee getuienisse hieronder. Mag haar getuienisse jou verryk en motiveer om enige kleingeloof wat nog in jou mag leef, finaal te bely en af te skud.
Oor 'n juweelstuk wat getuig:
|
Ek wil graag met julle deel die stukkie juweliersware wat gekoop is toe ek en Chris Saterdag na die Nylstroom Mall toe gegaan het. Terwyl ek op 'n moeilike en donker plek was, het die gedeelte in Effesiers 6 van die volle wapenuitrusting van God waarmee ons onsself moet omgord, vir my daagliks gedra en beskerm. So is ons in groot haas Saterdag, en soek ek 'n stukkie juweliersware met rooi in om aan te trek na die simfonie uitvoering. Sien die krale, gryp en betaal. Sien daar is charmpies aan, maar kyk nie mooi nie. Eers toe ek vir die okkasie klaar aangetrek is, sien ek die charmpies is presies die dinge wat genoem is as simboliese dele van die wapenuitrusting van God. So spesiaal. En vandag se boodskap weer van my Maker. Ek voel so spesiaal dat Hy die laaste tyd so spesiaal met my bemoeienis maak om met my te praat.
|
| |
|
|
Oor ruim Goddelike voorsiening op fiskale gebied:
Ons aanbid 'n Lewende God wat daagliks met ons bemoeienis maak. Ons moet net sorg dat ons gees oop en ontvanklik is vir Sy Boodskappe, en nie afgestomp raak deur die wereld om ons nie. Ek het verlede week geldjie wat ek nie het nie, aan mensies spandeer om vir hulle dit moontlik te maak om met hul geliefdes kontak te maak. Die bedrag, die presiese bedrag, is nou terugbetaalbaar aan my deur die inkomstebelasting met presies nog twee nulle agteraan. Ek sien hierdie nie sommer net as 'n toevalligheid nie. Dit is 'n boodskap. Uit my beskeie bydraetjie, het Hy vir my terwyl my hand oop was in die gee-proses, dit reg kon kry om dit wat hy op my wou laat reen terug te plaas. Dit was totaal en al onverwags. Ek plaas hierdie want ek voel die Gees noop my om dit met julle te deel. In alle beskeidenheid. Ek het self en persoonlik met hul telefonies kontak gemaak, dit is geen scam nie.
.
|