Normaliteit 01
Normaliteit is die die afwyking van 'n minderheid, wat deur sosiale intimidasie, die meerderheid wil oortuig om te wees, dit wat hulle nooit veronderstel was om te wees nie. © Stof 2006
Normaliteit 02
Normaliteit is die afwyking wat die mens self geskep het om van die Skeppingsorde te probeer ontvlug. © Stof 2012
Regsgestremdheid
Daar is 'n mesdun verskil tussen 'n regsgeleerde en 'n regsgestremde... © Stof 2001
Die gesindheid waarmee titels gedra word.
Daar is 'n fyn, tog 'n reuse verskil tussen 'n kòlonel en 'n kolònel... © Stof 2003
Die kern van denke
Elke mens het 'n vrye keuse met watter kant van sy rugstring hy dink. Nie almal maak dieselfde keuse nie. © Stof 2004
Kontradiksie
Die kerk, wat sê dat hulle God as hoogste gesag erken, aanvaar slegs 'n atëistiese staat se vorm van huwelik as heilig... © Stof 2005
|