Stof se publikasies


Indeks

Stofnibus

Splinters 1

Splinters 2
'n Bondel
Splinters


Splintersketse
Psigoët

Blonde
Inspirasie
Nieteenstaande

Om karavaan skoon te maak
Bundels hier
beskikbaar


Splinters 1

ISBN no: 0-9584440-2-1

'n Bundel wat deur skets en poësie verskillende lewenssituasies en belewenisse vasvat vir wat dit is. Daar word gepoog om maskerloos sekere vrae te vra. Vrae waarop antwoorde dalk eerder retories moes wees. 'n Getuienisreis deur dale en hoogtes.

Terug na hierdie blad se indeks

Splinters 2

ISBN no: 0-9584440-1-3

'n Bundel in dieselfde trant as Splinters 1, behalwe dat hier meer oppervlakkige, dog essensiële dinge gedeel word. Deurentyd blyk dit dat al hierdie dinge nie sonder God se genade moontlik sou wees nie.

Terug na hierdie blad se indeks Terug na Tuisblad

'n Bondel Splinters

ISBN no: 0-9584721-1-4

Hierdie bundel is 'n omnibus van die poësiestukke in Splinters 1, Splinters 2 en 'n reeks nuwe werke wat na dié bundels ontstaan het. Dit raak verskeie lewenskwessies, deel vrae, genade en wonderbare draaipunte met jou. As jy genoeg selfvertroue het, skaf een aan en gaan delf in jou maskers en geraamtes met "'n bondel splinters" as reisgids.

Terug na hierdie blad se indeks Terug na Tuisblad

Splintersketse

ISBN no: 0-9584721-2-2

'n Omnibus van verrykende woordsketse wat in Splinters 1 en Splinters 2 voorkom, asook nuwe sketse wat daarna ontstaan het. Hier word vrae gevra, antwoorde gegee, versugtinge gedeel en hoop geskep. 'n Geredigeerde weergawe van "Swerwersjoernaal" kom ook in hierdie bundel voor.

Terug na hierdie blad se indeks Terug na Tuisblad

Psigoët

D.V. Binnekort op die rakke

ISBN no: 0-9584721-4-9

Psigoët beskryf waarnemings deur poësie . Mense, mensreaksies, mensepsiges, spoke, lewenskwellings en hoop word hier geananaliseer op 'n manier waarop jy jouself in baie stukke sal herken. 'n Ware siloët van die psige

Terug na hierdie blad se indeks Terug na Tuisblad

Blonde Inspirasie

D.V. Binnekort op die rak

ISBN no: 0-9584721-7-3

Baie mense het ‘n indruk gemaak op my lewenspad, en maak nog steeds hul indruk. Hierdie bundel is opgedra aan hulle, wat ookal die aard van hul individuele indruk was en of is. Sommige mag verbaas wees, ander mag skrik..........

Terug na hierdie blad se indeks Terug na Tuisblad

Nieteenstaande

D.V. Binnekort op die rak

ISBNno: 0-9584721-8-1

Daar word geswyg, daar word skanse gebou. Mense praat oor baie dinge, en is doodstil as dit by essensiële dinge kom. Nieteenstaande spreek die dinge aan.

Terug na hierdie blad se indeks Terug na Tuisblad

Om karavaan skoon te maak

D.V. Binnekort op die rak

ISBN no: 0-9584721-9-X

Karvaanskoonmaak klink soos 'n sloertaak. Daar steek egter baie meer daarin. Dit is 'n filosofie op sy eie. Kom deel in my reis deur karavaanskoonmaak.

Terug na hierdie blad se indeks Terug na Tuisblad

Stofnibus

D.V. Binnekort op die rak

ISBNno: 0-9584440-6-40-9

'n Omnibus met 'n keur van Stof se werke vanaf 1996 tot 2005. Hier word kiste oopgemaak, geraamtes geskrop en genesing gedeel.

Stofnibus as boek bestaan uit 244 bladsye. Dit sal ook elektronies op laserskyf beskikbaar wees vir die wat dit in HTML wil lees. Stofnibus sal jou minstens "drie dae en drie nagte uit die slaap hou". (aanhaling met apologie aan Nita Booyse)

Terug na hierdie blad se indeks Terug na Tuisblad

Die Here sal jou seën en jou behoed. Die Here
sal Sy aangesig oor jou laat skyn en jou
genadig wees; Die Here sal Sy aangesig
oor jou verhef en aan jou vrede gee.
(Num. 6:26-28)
Besoekrekord:
Bladteller: Bladteller
Werfteller Werfteller