Ansie Ras: 'n Onderwyser wat nie in die onderwys is vir 'n blote salaris nie, maar om te dien. 'n Vrou wat werklik moeite doen om elke leerling wat onder haar sorg kom, individueel te leer ken en ooreenkomstig die individu se gawes en talente, 'n inset in daardie enkeling se lewe lewer, wat lewenslank, 'n positiewe invloed op daardie lewe het.
Tussen 1982 en 1986 het Ansie deur haar toegewyde taal en kreatiewe onderrig, vir Stof toegerus om gemaklik en met selfvertroue met taal sowel as sy kreatiewe kant om te gaan. Sy was ook deel van die span wat verantwoordelik was dat die toneelspan in 1984 die ATKV toneelkompetisie gewen het.
Hiermee dan Stof se waardering en dank aan haar, vir daardie ekstra stukkie toewyding waarmee sy haar kennis en vaardighede gedeel het.