Jan Lombard is 'n man wat op sy stil manier, in enkelinge se lewe die motivering was om hulle tegniese talente ten beste na vore te bring. Synde 'n goed gekwalifiseerde vakman, naas sy onderwyspassie, het hy dus nie net die teorie en voorgeskrewe praktiese silabus in sy leerlinge geplant nie. Hy het die ekstra myl geloop en seker gemaak dat die inset wat hy in vormende vakmanne se lewe was, daardie ekstra stukkie insig en toewyding aan die vak gevestig het.
Tussen 1982 en 1986 het hy dit sy lewenstaak gemaak om Stof en sy medeleerlinge goed toe te rus vir 'n vakmanloopbaan. Hy het die grondslag gelê vir 'n baie nuttige kwalifikasie wat Stof later in sy lewe verwerf het.
Hiermee dan Stof se waardering en dank aan hom, vir daardie ekstra stukkie toewyding waarmee hy sy kennis en vaardighede gedeel het.