stof tot stof, stof tot nadenke
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Susan van Zweel, die dryfkrag agter Stof se taalvaardigheid en verhoogwerk
Stof se Tuisblad
Stof se Griffels

Susan van Zweel het toewyding aan onderwys, sowel as die bevordering van haar leerlinge se totale menswees suksesvol gekombineer. Sy het binne die silabus toegesien dat diť wat leerlinge onder haar was, 'n goeie slaagsyfer vir haar vak kry. Haar passie vir die vak het gemaak dat geen leerling ooit kon sÍ, dat dit hulle swartskaap-vak was nie. Susan het egter ook die geheelbeeld van menswees geken en verstaan. Sy het die uniekheid van elkeen wat haar pad gekruis het, gesien en geŽer. Sy het dit as basis geneem in haar manier van inset lewer in 'n medemens se lewe. Susan het haar nie laat bind binne bepaalde kulturele norme van daardie tydperk nie. Sy het in teenstelling met soveel ander onderwysers, 'n vrye denker ondersteun en nie ontmoedig om net homself te wees nie. Haar denke was nie vasgevang binne vier mure nie. Daardie vrye denke, tesame met absolute toewyding aan haar vak, maar veral haar ondersteuning van diť wat kreatiwiteit getoon het in 'n omgewing waar dit maar laag op die preoriteitslys was, sal in elke kreatiewe siel wat deur haar geÔnspireer is, onthou word.

Tussen 1982 en 1986 het Susan dus met toegewyde taalonderrig en verhoogafrigting, vir Stof en sy mede-kreatiewes toegerus om Afrikaans en drama met gemak te gebruik en hul kreatiwiteit daarin te kan uitleef. Danksy haar ondersteuning hierin, het Stof ook selfvertroue gekry om publieke optredes met gemak te hanteer.

Hiermee dan Stof se waardering en dank aan haar, vir daardie ekstra stukkie toewyding waarmee sy haar kennis en vaardighede gedeel het.

© Stof 2006/04/14