'n Ander kant van Stof. Soos wat daar tye tussendeur sy dienslewering en die kreatiewe vry is, gebruik Stof ook sy vakmankwalifikasie en sy kontrakteursregistrasie om ander tot diens te wees en op hierdie wyse, ook 'n bydrae te maak tot sy daaglikse bestaan. Stof het tot enkele jare gelede, 'n voltydse kontrakteursaak bedryf wat huishoudelike, industrieële en kommersiële installasies hanteer het.
Stof is geregistreer by die Elektrotegniese Aannemersraad sowel as die Departement van Mannekrag en beskik oor 'n MIE kwalifikasie in die vakmanbedryf. Sy registrasie word ook deur al die Suid Afrikaanse munispaliteite erken.
Stof is gekwalifiseer om aan jou die volgende dienste te kan bied:
Elektriese installasies
Elektriese instandhouding
Elektriese foutopsporing
Elektriese herstelwerk
Elektriese installasie-advies
Elektriese installasietoetse
Klankstelsels
Gesels met Stof by werfnavraag@stof.co.za oor hoe hy jou moontlik kan bystaan met jou elektriese behoeftes.
| |