stof tot stof, stof tot nadenke
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Stof maak geraas
Bystand met jou openbare of privaat klankstelsel
Tuisblad

Om gehoor te word: 'n belangrike aspek as jy wil musiek maak of 'n sinvolle toespraak wil lewer. As die gehoor jou nie duidelik kan hoor nie, of as daar alewig steurings saam met jou stem is, verloor hulle belangstelling.

Daar heers 'n wanpersepsie dat duidelike klank noodwendig steurend hard moet wees. 'n Ander wanpersepsie is dat 'n goeie klankstelsel groot en indrukwekkend moet wees en gesien moet word.

Die kerntrefkrag in musiek, drama en voordrag, wat ook toesprake insluit, is dikwels die subtiele nuanses van die kunstenaars en sprekers se stemme. Die nuanses dra dikwels meer inhoud as die oppervlakwoorde. As 'n klankstelsel wat nie sensitief is vir hierdie soort kuns nie, die nuanses laat wegraak, verloor die musiek en drama gewoonlik 'n groot deel van sy trefkrag en gaan die boodskap daarvan verlore.

Vader het vir Stof geseŽn met die oor sowel as die tegniese kennis om jou te kan bystaan met die ontwerp, die keuse, aankoop en installasie sowel as instemming van jou klankstelsel.

As jy jou frustrasie met klankstelsels wat jou teen die mure uitdryf, met Stof wil deel, voel vry. Miskien is daar net 'n nommerpas-oplossing, wat jou kreatiwiteit en talent sal komplementeer.

© Stof

.