Lombard Bande
Waar jy nie teleurgestel word nie.
Stof se tuisblad

Ongešg of jy 'n neus in die lug snob is, met 'n duur duitse motor wat aan Wesbank behoort, of een van ons gewone plebicae wat met klaarbetaalde konvensionele voertuie rondry, op een of ander stadium, gaan ons elkeen tot nederigheid genoop word omdat ons voertuie se voetjies noodsaaklike aandag nodig het.

Lombard Bande in Wonderboom-Suid het al op verskeie geleenthede bewys dat hulle omgee verby basiese tegniese dienste strek. Die konsultante luister met begrip na elke klant se behoefte en maak weldeurdagte voorstelle waarby elke klant en sy voertuig baatvind. Die opperateurs is deeglik opgelei om jou voertuig se beste belange op die hart te dra. Hier gaan dit nie net oor 'n kommersiŽle gejaag na wins nie, maar veral oor omgee-klantediens wat dienshonger klante, weer en weer sal laat terugkom vir nog 'n sarsie bederf-diens deur Lombard Bande.

Lombard Bande is reeds jare gevestig as 'n bewese betroubare diensverskaffer in die voertuigbedryf. Klante wat herhaalde kere die keuse maak om al hulle voertuie se bande-instandhouding hier te doen, word nooit teleurgestel nie.

Jy is dit waardig om uitnemende diens te ontvang. Bederf dus jouself en jou voertuig, deur jou volgende band-verwante aankope, installasie of herstelwerk, aan hierdie toegewyde span toe te vertrou.


Produkte en dienste:
- Nuwe bande
- Bandherstelwerk
- Wielbalansering
- Sporing
- Nuwe vellings
- Voertuigbatterye
Diensure
Maandag tot Vrydag: 7:30-17:00
Saterdag: 7:30-13:00
Openbare vakansiedae: 7:30-13:00
Kontakbesonderhede:
- Telefoon: 0123352211
- Epos: pretoria@lombardtyres.com
- Besoek Lombard Bande by:
   Voortrekkerweg 868,
   Wonderboom-Suid.

soekterme moet nog hier kom