|
Na 'n misverstand met 'n kasdeur skeur die een nael wat Stof se kitaar so nodig het om om mooi melodieë vir hom te sing, baie sleg. Heel bekommerd besoek hy later die dag vriende wat 'n ander tegniese probleem by hulle winkel het. En asof reg uit die hemel gestuur, is Bianca bereid om die nael te herstel. Die resultaat is verstommend. Die kitaar is weer gelukkig...
Ongeag die rede waarom jy 'n nael of naels wil herstel, wil versorg, wil verleng of wil versier, praat eers met Bianca. Haar vakmanskap is onberispelik en die eindproduk presies wat gevra word.
Vertrou jou naelversorging toe aan Bianca as jy weer spesiale naels vir 'n spesiale funksie nodig het. Jy sal nie teleurgesteld wees nie.
Epos vandag nog vir Bianca by bianca@big7icecream.co.za of skakel 0718800009, en maak seker jou naam kry 'n ereplekkie in haar dagboek.
© Stof 2014/05/07
|
| |