stof tot stof, stof tot nadenke
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Café Riche op Kerkplein
Net die plek om 'n keurknibbeltjie in styl te geniet.
Tuisblad

As die strelende estetika en argitektuur van vervloë dae jou rigstring koue prikkels besorg, is Café Riche net die plek om tot ruste te kom. Dan bestel jy 'n keurgereg of drie. Terwyl jy tydsaam aan jou kulinêre fees knibbel, laat jy die stylvolle argitektuur en sag op die oog decór toe om jou op 'n tydreis te neem, 'n honderd of drie jare gelede.

Hier kry jou geroesde kreatiewe ook weer voedsel. Op die laaste vrydag van elke maand bied Café Riche 'n filosofiekafee aan. 'n Spreker wat graag sy of haar hartsinhoud met jou wil deel, vergas jou dan met 'n reis deur die denke van 'n kreatiewe gees. 'n Keurgereg uit Café Riche se kombuis vorm deel van die pakket, en verseker so dat die klanke van hongerkrampe, nie jou aandag van die sprekers aftrek nie.

Nou is die tyd om die regte ding te doen: Doen sommer nou jou bepreking en bederf jou geliefdes met 'n besoek aan Café Riche.

Gesels met Cafe Riche:

Tel: 0123283173

Epos: caferiche@kerkplein.co.za