Hallo, my naam is Carol



Fotografie deur:
Monsoon
Fotografie


Terug na voorblad

My naam is Carol Olivier. Ek is agtien jaar oud en beöog om 'n suksesvolle aktrise te wees. My passie vir toneelspel het 'n hoogtepunt bereik in Hoërskool Hendrik Verwoerd in Pretoria. My engelse onderwyser het my talent en passie vir toneelspel ontdek en gevra of ek nie wil probeer spraak en drama as sewende vak te neem nie. Ek was baie entoesiasties en het Black Door Drama studio gaan besoek. Hulle het my met ope arms verwelkom. My eerste keer op die planke was in Pierneef Teater. Ek het die rol van 'n ou tannie gespeel. Ek het dit vreeslik geniet, en kon nie wag om elke Woensdag te gaan oefen nie. Ek het ook die rol gespeel Maria Alleman in Putsonderwater. Sy is n naiewe jong meisie wat vas oortuig is dat die Goudstad van die Bybel, Johannesburg is. Ek het ook die rol gespeel van 'n jong meisie wat haar tragiese verhaal vertel van die oorlog. (geskryf deur Bartho Smit.)

In die jaar wat ek deel was van die dramaklas, moes ek drie jaar se teorie inhaal. Ek het hard gewerk, toneelstukke gelees, opstelle geskryf en baie hard geleer. Aan die einde 2007 (my matriekjaar) het ek bereik wat ek wou. My praktiese punt 'n A++ simbool. My harde werk in teorie het my ook nie in die steek gelaat nie, en ek het matriek met vrystelling geslaag.

Drama het een van die belangrikste dinge in my lewe geword. daarom wil ek dit nie verloor nie. In die lang vakansie in November 2007, ek ek 'n vriend en buurman, Stof, vergesel by 'n lofprysingsgeleentheid waar hy ons regiseur was. Ek het 'n lofprysingdrama gedoen vir die geleentheid en ons almal het dit ongelooflik geniet. Hierdie geleentheid het ook my ook die geleentheid gegee om 'n openbare getuienis te lewer.

Die węreld van die kunste verseker vrye kreatiwiteit en insig.

In my spaar tyd skryf ek kortverhale, gedigte en berigte oor my ervaring van die węreld sowel as ander mense.

My droom is nie om Suid Afrika se volgende sepiester of Charlise Theron te wees nie. Ek wil alles wees wat ek kan wees en niks minder nie... Ek wil 'n goeie, eerlike en suksesvolle aktrise en skrywer wees.

Alle paaie lei my na die drama-teater en TV węreld, maak nie saak hoeveel ek soms afdwaal nie en ek weet daar is 'n rede voor.

Ek hoop hierdie inligting gaan die regte mense bereik. As finansies toelaat gaan ek ook my bes probeer om verder te gaan leer in drama en joernalistiek.

Vrede aan ons lesers

Carol
Desember 2007

Terug na voorblad

Carol se kontakbesonderhede:
:
carol@kunsblad.co.za


0866836664