Publisiteit asseblief!
deur Carol Olivier




Fotografie deur:
Monsoon
Fotografie


Terug na voorblad

In Suid Afrika is kunste "ondergronds", perke wat ons liewer nie oorskry nie. In die nuus lees en hoor ons net van die swaarkry en korrupsie in ons land.

Ek wil deel wees van die kunswêreld... maar is daar lewe na die sepies, swaarkry, korrupsie en Charlise Theron? Mense met talent vir TV, musiek en kuns word versmoor in Suid Afrika deur te min geleenthede en publisiteit. Suid Afrika se filmbedryf is onbekend aan die land. Ons wil meer tipes flieks sien as net komedie met Leon Schuster. Ons is nederig in Suid Afrika, maar as kunstenaars nie die nodige publisiteiit kry nie, kan dit verander. Ons wil nie hê dat ons vermaaklikheidsmense so vulger raak soos in Hollywood nie. Ons wil nie hê ons vermaaklikhiedsmense moet pornografiese materiaal gebruik om publisiteit te kry nie. Moenie ons as vermaaklikheidsmense en kunstenaars so versmoor dat ons groener weivelde gaan soek nie. Ons bêre talente onder die maatemmer omdat ons nie meer kan baklei om dit vir die wêreld te wys nie. Ons het talent in die land, maar ons kan niks doen sonder die pers nie. Ons wil meer weet van opkomend ekunstenaars, Suid-Afrikaanse films, en akteurs en minder politiek diskriminasie en korrupsie. Laat ons lesers en ons kykers bietjie glimlag en vasgenael bly sit vir Suid Afrikaanse kunstenaars en programme. Meer as net sewende Laan en Egoli! Kom ons hou op terug kyk na die swaar verlede en maak geleenthede vir 'n blink toekoms.

Carol

Terug na voorblad

Carol se kontakbesonderhede:
Epos: carol@kunsblad.co.za