stof tot stof, stof tot nadenke
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Chow Stop by Fruit Stop
Jy sal nooit weer elders wil gaan eet nie.
Tuisblad

Om te Chow, is altyd lekkerder as om te eet. Dit is spontaan. Dit word met passie gedoen. Dit word gedoen, sonder Tannie Emsie se pretensieuse boek-reŽls. Jou vingers mag maar saam-eet en bydra tot die ekstase van hierdie ervaring. Geen mede-eter, mag jou op eet-etiket wys as jy chow nie, want jy eet nie, jy chow. Met volle oorgawe, met brandende passie.

As jy gedink het oases bestaan nog net in rolprente, het jy hierdie keer, misgedink. In die hartjie van Gezina, is n juweel van n chow-plek. Van klein en basiese maaltye vir daardie klein gaatjie, tot bultende borde eetplesier om jou deeglik te herlaai na 'n lang skof se harde werk.

Chow Stop is 'n inisiatief van Fruit Stop, ononderhandelbaar diť voorste groente- en vrugtewinkel in Pretoria. Die behoefte om 'n oomblik te ontspan na die sloertaak van inkopies doen, het nie die bestuur se aandag ontgaan nie en so, is hierdie unieke juweel ontwikkel.

Jy is dit waardig om voortreflike smulkos teen n billike prys te geniet. Maak vandag nog seker jy wys vir jou gesin dat jy nog lief is vir hulle, en neem hulle na Chow Stop. Of beÔndruk die dame wie se hart jy wil wen deur haar hier, in styl te bederf met 'n prima maaltyd in die wete, dat haar hart daarna joune is.

Diensure

Maandag tot Vrydag: 08:00 tot 18:00
Saterdae 08:00 tot 17:00
Sondae 08:00 tot 13:00

Gesels met Chow Stop:

Tel:
Epos:
Ligging:
0123355591
fruitstop1@absamail.co.za
Hoek van Frederikastraat en tiende laan, Gezina.
Ingang in tiende laan.