The Gallery@Duncan Yard

Kontak by:

(Cecily: 0828261298
:thegallery.cecily@gmail.com


The Gallery is 'n inisiatief van Cecily Pohl waar sy uiteenlopende visuele kunstenaars die geleentheid gun om hulle werke tentoon te stel en te koop aan te bied. The Gallery het 'n unieke en outentieke atmosfeer wat elke uitstalstuk deeglik komplementeer. Jy word uitgenooi om op hoogte te bly van die uitstallings wat aangebied word by The Gallery@Duncan Yard. Kom reis saam deur 'n paar maande in die kreatiewe geskiedenis en word deel van The Gallery se gereelde besoekers.

Op 6 Maart 2007 open Cecily die The Gallery@Duncan Yard met 'n uitstalling deur Dean Davel, Jacky van Tonder, Jan A Rademeyer, Louis Minnaar en Ronel Human.

Na die sukses van hierdie eerste uitstalling het besoekers in Meimaand die geleentheid gehad om werke van onder andere Anna Stone, Joseph Ndlovu, Thelma van Rensburg, Ruhan Janse van Vuuren, Vernessa Olivier, Grand Maghandlela, Ronel Human en Ronel Kellerman te besigtig en aan te skaf.









Op 2 Junie open die uitstalling genaamd "Pre Post Blyde", 'n huldeblyk aan wyle Blyde van den Bergh.

Op 28 Augustus open 'n interresante gemengde uitstalling genaamd "Scrath Patch Exhibition!!!!". 'n Verskeidenheid speelse en eksperimentele werke van opkomende kunstenaars het hierdie uitstalling se sukses gewaarborg. 'n Verskeidenheid skilderye, glaskunswerke, miniatuur kunswerke, gemengde media, foto's en moderne kontemporere werke het besoekers getrakteer op 'n fees van oorspronklikheid. Die kunstenaars wat vir hierdie visuele fees verantwoordelik was, is Riaan van Zyl, Hosea Matlou, Lindi Eksteen, Kobus Walker, Adrian Erasmus, Estie van der Merwe, Wisdom Oton, Mia Pretorius, Joné Beukes, Jessica le Grange, Cecily Pohl en Marike Rood.

Anna Stone se solo uitstalling genaamd "RENAISSANCE" het op 20 September 2007 geopen. Tydens hierdie uitstalling het Anna 'n verskeidenheid van haar werke aan die publiek aangebied.

"Between the Lines" was die tema van 'n uitstalling wat vanaf 11 Oktober aan die kunsliefhebber die geleentheid gegee het om die werke van Willem Oosthuizen, Estie vd Merwe, Hosea Matlou en Janet Botes te kom waardeer.








"African Impressions". 'n Indrukwekkende uitstalling deur Abri le Roux en Wisdom Oton. Abrie en Wisdom is elk op hulle eie terrein meesters wat daarin slaag om karakter en emosie op die doek na vore te bring. Hierdie kunstenaars benut hulle geoefende mensekennis deeglik in hulle werke en elke werk spreek tot minstens een of meer van die besoekers. Tussen 4 November en 18 November het kreatiewe siele die geleentheid gehad om hulle verlustig in hierdie besondere werke. Rea le Roux en Werner Muller het verdere glans aan hierdie geleentheid verleen met hulle musiek. Elma Postma, een van Abri se oud drama-studente, het die amptelike opening waargeneem en daarmee seker gemaak dat haar mosie van vertroue in haar leermeester publiek gemaak word.


Tydens die opening van Abri le Roux en Wisdom Oton se uitstalling:
Wisdom Oton, Elma Postma, Abrie le Roux, Cecily Pohl en Stof


The Gallery at Duncan Yard het vanaf 6 Desember 2007 'n groepsuitstalling aangebied getiteld " Bring a Buyer Scratch - Patch 2" Besoekers had die eenstop geleentheid om uiteenlopende kunstenaars en kunsvorme te waardeer en 'n paar mooi dinge saam te neem huis toe. Keramiekwerk, foto's, miniatuurkuns, skilderye, staalkuns en glaskuns was alles onder een dak te sien. Die kunstenaars wat hierdie besondere geleentheid moontlik gemaak is Kobus Walker, Anna Stone, Jessica le Grange, Habakuk, Lira van Staden, Rentia Bartlett, Beryl Kruger, Ronel Kellerman, Jone Beukes, Wisdom Oton, Estie van der Merwe, Peaceful Kanou, Gerda Smit, Janet Botes, Hosea Matlou, Mia Pretorius, Cecily Pohl, Katinka Joubert, Talana Middel, Melany Pietersen, Francois Jonker, Marike Rood, Anrie le Roux, Marriet Kloppers, Juanli de Beer en Marthinus Kirsten.

'n Foto-uitstalling getiteld "THE NEW POOR WHITE QUESTION" deur Adrian Erasmus het geopen op Dinsdag 11 Maart 2008. Daar het besoekers die geleentheid gehad om tot 16 Maart hierdie realiteits-uitstalling hulle eie te kon maak.
Die fotograaf, Adrian Erasmus stel die volgende feit ter motivering van die uitstalling "in a country well governed poverty is something to be ashamed of". Armoede is 'n staat om sonder dit te wees wat ander as 'n gegewe aanvaar. In Junie 2007 het Adrian 'n voedingsprogram geïnisieër vir minder bevoorregde Afrikaners in en om Pretoria. Hy sou gou sien dat die probleem baie groter is as wat op die oppervlak blyk. Daarom het hy sy talent as fotograaf ingespan en deur hoë kwaliteit kunsfoto's van hierdie omstandigdhede en mense uit te stal, die boodskap wyer te sprei. Dit was so treffend dat die Maart 2008 se uitgawe van die tydskrif De Kat van sy werke gepubliseer het. Hierdie projek het internasionale aandag getrek en sal D.V. in Mei 2008 ook in Londen, Engeland, te sien wees.

Kort na Adrian se uitstalling, was daar die geleentheid te gaan inloer by 'n groepsuitstalling. Daar is werke van gesoute en opkomende kunstenaars aangebied. Kunstenaars wat hierdie uitstalling moontlik gemaak het, was Anna Stone, Adele Joubert, Lynn Coetzee, Mariette Pretorius, Riaan van Zyl, Ronelle Lourens,Ina du Preez, Marie Kellerman, Elria Trahms, Jenifer Snyman, Audrey Anderson, Daniel du Plessis, Tharien Smith, Jessica le Grange, Kerrie Strugnell, Samuel Ndlovu, Juanli de Beer en Ronel Kellerman. Mosaiekwerk deur Elizabeth Coetzee kon ook gesien word. Edzhard du Plessis, Michael Mogale en Marinda du Toit se beeldhouwerke voer jou ook weg na 'n kreatiewe land van waardering. Hierdie uitstalling het ten einde geloop op 25 Mei

Tussen 5 Junie en 22 Junie 2008 had besoekers die geleentheid om die uitstalling genaamd "DINNER with Landscapes" deur Kobus Walker te geniet en van sy werke aan te skaf. Tydens die opening van hierdie uitstalling het Die Bluesman die geleentheid ingekleur met 'n lewendige vertoning.

Speaking Protons was 'n uitstalling deur Daniel du Plessis, Edzard du Plessis, Ronel Kellerman & Cecily Pohl wat op Saterdag 5 Julie 2008 geopen het. Hierdie uitstalling was wel nie by Gallery@Duncanyard nie, maar dit is deur kunstenaars wat wortels daar het, aangebied en was dus in wese deel van dié gallery se geskiedenis.

In Julie 2008 kry Cecily goeie nuus. Sy kan die grondvlak uitstalarea kry. Vroeër moes besoekers 'n semi spiraaltrap klim om by die gallery te kom en veral ouer besoekers het dit moeilik gevind. Op 11 Julie is die nuwe ruimte dus met 'n geselligheid in gebruik geneem. Tydens die ingebruikneming het Adele Adendorff, Adele Joubert, Anna Stone en Belinda Donnelly ook hulle groepsuitstalling geopen. Estie van der Merwe, Gerda Smit, Janet Botes, Madelene vd Merwe, Marike Rood, Robert van den Berg en Ross Stuart Kerr was ook deel van hierdie staatmaker groep. Hierdie uitstalling was oop vir die publiek tot 30 Julie.

"MY SHRINE", 'n uitstalling deur Susanne Bjerg, Louis van den Heever, Petro Keyter, Stefani Smit, Carli Jansen van Rensburg,Ronel Kellerman, Danelle Janse van Rensburg, Hanje Whitehead, Jennifer Snyman,Robert van den Berg, Cecily Pohl, Annelie Smal het kort daarop gevolg. Op 3 Oktober 2008 het hierdie groep kunstenaars die publiek die geleentheid gegun om met hulle werke te kom identifiseer en van hulle werke aan te koop. Hierdie uitstalling was oop vir besoekers tot 2 November.

Tussen 6 Februarie tot 1 Maart 2009 het The Gallery 'n uitstalling genaamd "with Love from India..." aangebied. Die kunstenaars Louis van den Heever, Anna Stone, Stella Olivier, Kobus Walker, Lize Fourie, Liebet Jooste, Deirdre Botha, Werner Nieuwoudt, Audrey Anderson, Riaan van Zyl, Odette Viljoen, Mia Burger, Robert van den Berg en Susanna Smith was verantwoordelik vir hierdie visuele reis deur die Indiese landskap en kultuur.

op 13 Februarie het die eendag uitstalling, "THINGS by Liebet" weereens aandag getrek. Liebet Jooste het 'n verskeidenheid T-hemde en snuisterye waaraan sy self karakter verleen het, beskikbaar gestel aan die publiek.

Op Vrydag 6 Maart 2009 open 'n tradisonele Meksikaanse uitstalling. Kunstenaars soos Adele Joubert, Cecilia Neethling, Cecily Pohl, Deirdre Botha, Jenifer Snyman, Johan Alberts, Kobus Walker, Lize Fourie, Mia Burger, Nina Rust, Odette Viljoen, Pauline Theart,Rebecca Robles Velazquez, Robert van den Berg, Susan Smuts, Werner Nieuwoudt en Yaki Naude sal seker maak jy geniet elke oomblik daarvan. Op daardie dag sal die ander winkels in Duncan Yard tot 20:00 oopbly om te deel in die Meksikaanse tema. Maak seker jy is daar! Die uitstaling is te besigtig tot 12 April.

Hou hierdie werf gereeld dop vir inligting oor uitstallings wat D.V. vroeg in 2009 begin. As jy nie minstens 'n paar keer in jou lewe by Gallery@Duncan Yard kom inloer nie, het jy 'n beslis reuse gaping in jou kultuuropvoeding.

"South Africa unique - diverse - ours" het geopen op die 17e April 2009. Daar het jy die geleentheid gehad om die werke van die volgende kunstenaars si inspirasie jou eie te maak: Edzard du Plessis, Hosea Matlou, Kobus Walker, Chrizaan Theron, Cecily Pohl, Robert van den Berg, Louis van den Heever, Rivon Viljoen, Susan Smuts, Estie vd Merwe, Thea Burger, Maurice Mogashoa, Linda Orsmond, Thami Jali en Outa Lappies Kom loer in vir plaaslike kos, drinkgoed, musiek en kuns...
Lisbet se spaza winkel was ook oop die aand...

Weens tegniese probleme is die verslaggewing tussen April 2009 en Junie 2010 nog nie hier gepububliseer nie. Sodra die inligting weer herwin is, sal dit egter aangevul word.

Tot en met 31 Julie 2010 had besoekers die voorreg om 'n saamgestelde uitstalling rondom Suid Afrikaanse temas te geniet. Hierdie uitstalling het gefokus op 'n grafiese weergawe die meer onlangse gebeure.


Tussen Donderdag 5 Augustus 2010 en Maandag 30 Augustus 2010 het jy waarskynlik die geleentheid gemis om 'n uitstalling oor vroue aan die werk, te sien. Helena Hugo, Danelle Janse van Rensburg, Kobus Walker, Leon Fourie en Adele Joubert het deur kun shier iets van die werksetiek rondom vroue getoon. Tydens 'n onderhoud 'n wyle gelede met Helena Hugo, het sy gesê dat sy graag op werkende mense fokus in haar kunswerk, omdat dit die werksmoraal van die wat dit aanskou, aanmoedig.

Amanda du Preez van die Universiteit van Pretoria het hierdie uitstalling geopen. Deel van die uniekheid van hierdie geleentheid is dat deel daarvan in Papa's Restaurant, langs die gallery, plaasgevind het. Daarna is daar ook tussen 6 en 9 Augustus 2010 werkwinkels en praatjies aangebied rondom die onderwerp van vroue by die werk. Amanda du Preez van die Universiteit van Pretoria het hierdie uitstalling geopen. Deel van die uniekheid van hierdie geleentheid is dat deel daarvan in Papa's Restaurant, langs die gallery plaasgevind het. Daarna is daar ook tussen 6 en 9 Augustus 2010 werkwinkels en praatjies aangebied rondom die onderwerp van vroue aan die werk.

Tydens September 2010 kon jy jou huis se karakter opgegradeer het met werke oorringe, horlosies en kussings en ander tekstielverwante kunswerke van Us2wear.


"Things by Liebet" het jou aansteekwapentjies, t-hemde en glaskuns aangebied. Daar was ook beeldhouwerke van Johan du Plessis, Robert van den Berg, Michael Mogale, Dean Davel, Marinda du Toit en Edzard du Plessis op uitstalling wat daardie vaal hoekie in jou binneversiering, sou kon inkleur. By dieselfde geleentheid kon jy jouself verlustig in skilderye en gemengde media-kunswerke van Thelma van Rensburg, Helena Hugo, Estie v d Merwe, Paul Jacques, Anna Stone, Cecily Pohl, Ronel Kellerman, Louis van den Heever, Kobus Walker en Nicolene Louw.




Gallery@Duncan Yard was ook betrokke by die organisasie van die Kuier en Koopfees, wat vanaf Donderdag 7 Oktober 201- en Sondag 10 Oktober 2010 by RASA in Garstfonteinweg aangebied is. 'n Verskeidenheid kreatiewe mense se werke is by die stalletjies bekendgestel. 'n Werklike eenstop-kunsbelewenis!





"The Art Cradle": Die titel van 'n uitstalling deur kinders van Sunnyside wat die geleentheid tot opheffing deur kuns aangegryp het. Hierdie uitstalling is op die 12e Oktober 2010 geopen deur Karen Lasserre. Vir die meeste van hierdie kinders was dit hulle eerste openbare uitstalling. Dit toon hoedat kuns aangewend kan word om mense wat deur gemeenskappe en voororrdele nie 'n kans op sukses gegun word nie, geleer kan word dat sy kreatiwiteit dikwels die sleutel is is tot ontsnapping uit moeilike omstandigdhede en 'n swak selfbeeld.

Hou hierdie werf dop vir toekomstige verwikkeling wat jou sal noop om 'n draai te kom maak by The Gallery@Duncan Yard. Cecily bied hier vir jou die geleentheid om meer te leer oor uiteenlopende kunsvorms.
Kom loer spoedig weer in.
Kontak by:

(Cecily: 0828261298
:thegallery.cecily@gmail.com

Cecily Pohl, The Gallery, Duncan Yard, Dean Davel, Jacky van Tonder, Jan A Rademeyer, Louis Minnaar, Ronel Human, Anna Stone, Joseph Ndlovu, Thelma van Rensburg, Ruhan Janse van Vuuren, Vernessa Olivier, Grand Maghandlela, Ronel Human, Ronel Kellerman, Blyde van den Bergh, Riaan van Zyl, Hosea Matlou, Lindi Eksteen, Kobus Walker, Adrian Erasmus, Estie van der Merwe, Wisdom Oton, Mia Pretorius, Jone Beukes, Jessica le Grange, Cecily Pohl, Marike Rood, Willem Oosthuizen, Estie vd Merwe, Hosea Matlou en Janet Botes, Elma Postma, Abri le Roux, Wisdom Oton