stof tot stof, stof tot nadenke
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Die groentemandjie
Gereed om te kook groente, reg op jou voorstoep
Tuisblad

In gehoorsaamheid aan Vader se skeppingsorde, verdien jy jou brood in die sweet van jou aangesig. Maar van brood alleen, sonder groente, kan jy mos nie lewe nie. Tyd en energie om self jou groente te verwerk nadat jy jou brood verdien het, ontbreek ook alte dikwels.

Peet en Blackie het jou nood raakgesien. Hulle wil graag sien dat jy gesond eet sonder om te swoeg met die voorbereiding van geballanseerde porsies groente. Daarom het hulle die inisiatief geneem om jou las te verlig, en Die Groentemandjie feitlik op jou voorstoep oopgemaak.

Voorafverwerkte gevriesde groete in nommerpas porsiegroottes is nou tot jou beskikking. Haal dit net uit die vrieskas en gooi dit in die pot, en na 'n rukkie se kooktyd, het jy al die heilsaamheid van 'n gesonde porsie groente, op jou bord.

As jy spesifieke behoeftes het rondom die formaat van jou groente, kan jy ook jou spesiale bestellings plaas. Peet en Blackie hoor graag wat jou groente behoefte is, en neem jou hand in die voorsiening daarvan.

Maar van groente alleen kan jy ook nie leef nie. 'n Nagereggie is darem maar net die regte afronding van 'n perfekte maaltyd. Daarom hou hulle 'n verskeidenheid roomys aan om jou maaltyd, op genoeglike wyse, perfek af te sluit.

Jy sal ook D.V. binnekort, 'n knibbeltjie en 'n koffietjie by hulle gasvrye winkel in Parktown kan geniet.

Maak sommer vandag reeds jou lewe makliker deur hierdie gestuurdes te ondersteun in hulle inisiatief, en so te verseker, dat jy tyd het vir die werklik belangrike dinge in jou lewe: om meer tyd om saam met jou geliefdes te bestee.

Gesels met Die Groentemandjie:
Tel:
Epos:
Winkel:
0727878808
swartpeet19@gmail.com
Hoek van Louis Trichard en Burlingtonstrate,
Parktown, Pretoria