stof tot stof, stof tot nadenke
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Wilhelm Kafee
Voorslag wegneemetes en kruideniersware op jou voorstoep
Tuisblad

As jy in Booysens werk of woon, of gereeld in die omgewing is, daar is goeie nuus vir jou. Jou hongerkrampe en jou kameeldors is nie meer 'n probleem nie. Wilhelm Kafee is op die hoek van Vissersingel en Wilhelmstraat en streef daarna om jou tot diens te wees met 'n verskeidenheid kruideniersware, koeldranke en wegneemetes.

Wilhelm Kafee is ook 'n agent vir een van die vooraanstaande roomysfabrieke. Jy kan hier, varsgemaakte roomys in 'n verskeidenheid geure en in verskillende verpakkings, deel van jou lewe maak.

Hieronder word jy verlei met enkele van die liplekker verleidelikhede op hulle wegneem-spyskaart. Maak dus seker jy bederf jou smaakkliere met een of meer van hierdie maaltye. Jy is dit aan jouself verskuldig...

Spyskaart
Burgers
Biefburger
Kaas-Biefburger
Kaas en Eier Biefburger
Kaas, Spek en Eier Biefburger
Hoender en Mayonaise burger
Hoender, Kaas en Mayonaise burger
Dagwood: Vir die groot honger
Worsiebederf
Standaard Russiese worsies
Lang Rusiese worsies
Standaard Kaasworsies
Lang Kaasworsies
Weense worsies
Roosterbroodjies
Ham
Kaas
Kaas en Tamatie
Kaas en Ham
Kaas, Ham en Tamatie
Eier
Eier en Kaas
Spek
Spek en Eier
Spek, Eier en Kaas
Hoender en Mayonaise
Vir daardie ekstra honger gaatjie
Vars Aartappelskyfies
En nog 'n paar lekkernye...

Skakel sommer nou om te verseker, jy word bederf met die diens wat jy verdien.

Wilhelm Kafee: Tel 0123770639