Karin Prinsloo
Kreatiewe veelsydigheid
Borduurwerk Langspeelplate
na CD
Tradisionele
gemmerbier en
knibbelgoed
Barbie
popklere
Gallery>
Kontak Karin:
Epos: karinprinsloo@yahoo.com
Tel: 0724041151 000000000

besoekers sedert
2012/03/25
Borduurwerk

Dit is daardie klein dingetjies wat wat ekstra karakter aan jou lewe gee. 'n Verpersoonlikte kussing, 'n spoegdoek met jou kind se naam op of 'n logo op jou klere wat wys waar jou passie eintlik lÍ. Deur haar borduurwerk bied Karin jou die geleentheid om jou items daardie persoonlike identiteit te gee wat sÍ: Dis wie ek is!

Karin kan ook jou besigheid se logo op jou personeel se uniforms aanbring en daarmee net daardie ekstra tikkie profesionaliteit aan jou dienslewering gee.

Gee karakter aan jou bestaan! Gesels vandag nog met Karin oor die verpersoonliking van jou persoonlike items, jou besigheid en jou familie deur haar borduurwerk.


Vaslegging van Langspeelplate op laserplaat

Elkeen van ons het soveel herhinderinge. Soveel kosbaarhede uit ons lewe wat dreig om verlore te gaan omdat moderne tegnologie nie noodwendig die genietig daarvan toelaat nie of onderdele vir jou draaitafel nie meer beskikbaar is nie.

Karin verstaan daardie behoefte om die musiek waarmee jy grootgeword het en wat jou help vorm het in jou lewe, te wil bewaar. Daarom bied sy jou die geleentheid om nou jou vinielplate oor te dra na CD en so te verseker dat jou herhinderinge bewaar bly.

Gesels sommer nou met Karin oor hoe sy jou kan help om jou herhinderinge en herkoms, op hierdie manier te bewaar.


Gemmerbier!

Karin is die gemmerbierkoningin van die noorde. Elkeen wat haar gemmerbier al geproe het, sal terugkom vir nog. Jare se ondervinding in die die maak van 'n regte tradisionel gemmerbier, is haar sleutel tot 'n besondere versnappering waaraan jy jouself sal kan verlustig.

Karin spesialiseer ook in die bak van smullekker tradisionele knibbelhappies wat jou teetyd weer opnuut sal inkleur en iets sal maak, waarna jy weer kan uitsien.

Gesels gou-gou met Karin, voordat jy nog 'n bietjie kosbare kleur in jou lewe verloor, oor hoe haar gemmerbier en knibbelhappies jou menswees kan verryk.


Barbie popklere

Jou Barbie kom al jare saam met jou. Is jy dit nie aan haar verskuldig om haar vaal klerekas bietjie op te kikker nie?

Gesels vandag nog met Karin oor die Barbie klerereekse wat sy vervaardig en gee jou Barbie daardie spesiale erkenning vir die rol wat sy al die jare al, so onbaatsugtig in jou lewe speel.


LP. CD, borduur, embroidery, gemmerbier, koekies, tuisgebak, popklere, doll clothes, barbie