stof tot stof, stof tot nadenke
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Low Carb Factory
Lekker eet op 'n gesonde manier...
Tuisblad

Jou dokter knor erger as jou boerboel oor jou lewensstyl. Sy skaal teister jou met flitsende rooi liggies en vertel jou, daar is heeltemal te veel van jou. Jou sooibrand is meer as net 'n gedagte. Wanneer jy trappe klim, terg die trappe jou ewe sadisties jou met 'n grynslag.

Gaan jy regtig die dokter se kwetsende knor, sy skaal se genadelose grinnik, die sissende sooibrand en die tergende trappe toelaat om lewenskwaliteit te reduseer tot bloot appologeties?

Jy verdien beter. Low Carb Factory se opsie, is meer as net nog 'n hersingskim. Dit is nou beskikbaar aan jou, sodat die pad na 'n beter lewe, sommer vandag al kan begin.

Vader het geweet toe Hy ons geskep het, dat ons dikwels sal swig voor die versoekings van verkeerd eet. Hy het wel die regte varsprodukte gewil, sodat ons kan goed, lekker en gesond kan eet. Maar ons was steeds te lui om dit korrek aan te wend. Hy is egter genadig, en seŽn ons toe met die Low Carb Factory se voorslag-span. Rob, Renť, Mabel en Caren was gehoorsaam aan hierdie roeping, en het jou luiheid om self gesonde kos te maak, tegemoet gekom en self begin om hierdie heerlikhede, te vervaardig en aan jou beskibaar te stel. Al wat jy hoef te doen, is om joune te bestel, jou te verlustig aan die voorslag vernuf daarvan, en begin voel, hoe dit voel om weer gesond te voel en gesond te leef. So maklik. Selfs die luiste der lui mens, kan dit doen...

Low Carb Factory se uitgebreide produktereeks maak voorsiening vir feitlik elke smaak. Besoek vandag hulle webwerf by www.lowcarbfactory.co.za en begin jouself solank voorberei, op die beter en gesonder jy, wat binnekort vir jou uit die spieel sal loer.

Gesels met Rob en sy gedugte span oor hoe hierdie voortreflike produkte in jou eetplan en lewensstyl, vir jou gewaarborgde verbetering in jou totale lewenskwaliteit en gesondheid kan bied.


Kontakbesonderhede

Tel: 0720249448
Epos: robert@lowcarbfactory.co.za
Depot: Greenwoodsingel 16, Lynwoodrif, Pretoria
Webwerf: www.lowcarbfactory.co.za