Mon Ami Trauma Troops se agtergrond

Mon Ami [Frans: My vriend] is ‘n unieke gemeensskapsgebaseerde ondersteunings projek, uit die gemeenskap en vir die gemeenskap, om persone wat deur misdaad trauma insidente geraak word by te staan. Die behoefte aan die projek is in 2006 geidentifiseer weens die dramatise toename in misdaad en versoeke van die SAPD, brandweer en ambulansdienste ontvang is om persone gedurende traumatiese krisisse by te staan. Die projek is sedert 2007 werksaam in verskeie gemeenskappe en is deur Stabilis as deel van sy gemeenskapsverantwoordelikheid tot stand gebring. Die projek word onder die naam “Mon Ami Trauma Troops” bestuur. Die uniekheid van die projek spruit uit die volgende:
- Dat die projek in totaal deur vrywilligers ondersteun en bedryf word aan slagoffers van misdaad gedurende die kritiese 72-uur tydperk na ‘n traumatiese insident;
- Die ondersteuning word beklemtoon deur die “daar wees” en “omgee” aan mede-gemeenskaplede gedurende trauma insidente;
- Ondersteuningdienste word aan enige slagoffers en hul toepaslike sisteme ongeag geslag, ouderdom, geloof en/of bevolkingsgroep gebied; en
- Die dienste word gratis gebied en geen finansiële bystand word gedurende die dienstydperk van slagoffers verwag of gevra nie.
Na ons beste wete is MATT die enigste gemeenskapsgebaseerde ondersteuningsprojek wat hierdie uiters noodsaaklike diens in kritiese tydperke aan mense in nood lewer.

MATT is sedert sy ontstaan werksaam vanaf Stabilis behandelingsentrum wat die infrastruktuur en opleiding aan die vrywilligers voorsien. Alle vrywilligers word eers opgelei in die Persoongesentreerde benadering van Carl Rogers, basiese teoretiese en praktiese kennis van trauma, en ’n tenvolle evaluering alvorens dienste gelewer mag word. Na suksevolle voltooing van die opleidingskurses is vrywilligers verplig om deurlopende indiensopleidingseminare by te woon. Vrywilligers is verder verplig om onder deurlopende supervisie van ’n professionele persoon te werk. Die christelike etos is fundementeel deel van projek se dienste.

Verantwoordelike dienslewering word verseker deur ‘n etiese kode wat deur die lede onderteken word en in die volgende persoonsgesentreerde waardes opgesluit is:
- Respek
- Individualisering
- Selfbeskikking
- Vertroulikheid