Die dienste wat Mon Ami Trauma Troops lewer

Sedert die ontstaan van MATT is in totaal vrywilligers opgelei, wat dienste in bg. gemeenskappe lewer. In die finansiële jaar 2009/ 2010 het die vrywilligers in totaal 178 persone na trauma insidente ondersteun. Sedert Januarie 2010 tot Oktober 2010 is ’n totaal van 221 persone na traumatiese insidente by gestaan. Die trauma insidente het die volgende ingesluit:
- Poging tot moord
- Gewapende roof
- Sterfte van betekenisvolle ander
- Poging tot selfmoord
- Moord
- Selfmoord
- Roof (gewoon)
- Motorkaping
- Kindermolestering
- Seksuele trauma
- Trauma weens substansmisbruik of afhanklikheid
- Verkragting
- Aanranding of gesinsgeweld.
Benewins ondersteuning en bystand aan slagoffers van misdaad gedurende die kritiese 72 –uur na die insident, is vrywilligers ook toegerus om persone na Stabilis en/ of ander professionele persone te verwys indien professionele intervensies benodig word.