Met wie werk ons saam?

Sedert die groep se ontstaan is netwerke binne die gemeenskap en met ander rolspelers opgebou. Die groep is ook jaarliks deel van die 16 Days of Activism Against Woman and Child Abuse Road Show wat in samewerking met die Metro Polisie en SAPD aangebied word die groep was ook verantwoordelik vir die bestuur en bemanning van die trauma sentrum naby die Loftus stadion tydens die 2010 FIFA Wêreld beker. Verdere netwerkuitbouing sluit in:

GPF’s en Polisie wyke: Villieria, Moot, Lyttelton, Wierdabrug, Laudium en Brooklyn
- Nood dienste
- Privaat ambulansdienste
- Metro Polisie
- SAPD & Metro Kapelaansdienste
- Hatfield CID
- Kerke & skole
- Echo jeugbediening
- Emergency Services Chaplaincy (SA)
- Unisa – Bright Side of Sunnyside projek, en
- Sekuriteits maatskappye