stof tot stof, stof tot nadenke
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Operasie Mobilisasie:
Bereik die ongeredde betyds en effektief
Tuisblad

Jy besit waarskynlik meer as een Bybel. Jy het kennis het van Jesus Christus en Sy verlossingsplan. Jy het elke geleentheid om n dankbaarheidslewe te kan lewe.

Het jy dalk verval in 'n gemakzone waar jy vergeet het waar jou guns en seen vandaan kom? Is die daaglikse seen wat Vader vir jou skenk, dalk al in jou gemoed 'n blote gegewe?

Operasie Mobilisasie het 'n roeping om uit te reik na hulle wat nie eers een Bybel besit nie. Daardie mense wat nog nooit geleentheid gehad het om te hoor van Jesus Christus en Sy bevrydende bloedoffer nie.

Jy het nou die geleentheid om meer oor hierdie gestuurdes by Operasie Mobilisasie te wete te kom. Gaan eet n ligte maaltyd en geniet 'n koffie en 'n keurkolwyntjie in hulle keurige koffiewinkel. Stap deur die boekrakke vol geesteskos en oorweeg om van die boeke aan te koop, om ook weer jou geestelike lewe aan te raak tot 'n lewende verhouding met Jesus. Of kom maak 'n gewaardeerde skenking, wat met opregte dank ontvang sal word, en dra so by, dat nog siele betyds gered kan word.


Maak vandag nog kontak:

Tel: 0879800048
Faks: 0865948013
Epos: info.africa@om.org
Ligging: OM gebou - The Link, Suidstraat 1211, Hatfield