stof tot stof, stof tot nadenke
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Pierre van Breda se bediening en getuienis.
Daar is hoop vir elkeen. Laat Pierre jou inspireer.
Stof se
tuisblad
Aangename
kennis
Pierre se
getuienis
Dagstukke deur Pierre
Radiokansel
onderhoud
Dienste
op video
Gesels met
Pierre


Pierre van Breda is 'n omgeemens wat sy medemens dien, omdat hy sy roeping ken. Hyself is geslyp deur die uitdagings van die lewe, en het deur vas te hou aan sy Skepper, guns in Sy oë ontvang, en kan vandag getuig van Vader se omgee. Hy bring Woord in gemeentes, dien getraumatiseerde pasiënte in hospitale waar hoop so nodig is, en as intersessor, tree hy gereeld vir elkeen, van wie se uitdagings hy bewus is.

Hieronder, sy eie getuienis oor hoe Vader hom wonderwerkend gedra het oor baie jare. Mag hierdie getuienis, jou ook bemoedig om te bly vertrou op Vader se guns, selfs al voel Hy soms baie vęr.


12 Maart 1978

Dis so moeilik om alles in ń neute dop te beskryf, maar die Here lę dit op my hart om daaroor te getuig. Lankal!! Dit is so belangrik dat ek begin vertel wat met my, Pierre Johan Sebastiaan Van Breda, vanaf 12 Maart 1978 gebeur het. Alles het so begin: Vanoggend is ek katkisasie-klas toe en het soos die 2 weke vantevore krampe in my arms gehad. Ek het 2 weke gelede begin om rugby te speel en ek het gedink dat die krampe veroorsaak is deur my onfiksheid. Toe ek terugkom by die huis het my gesig ineengetrek van die krampe. My ma het my ingeneem H.F. Verwoerd Hospitaal toe en daar is dadelik bloed getrek. Die uitslae was verbysterend. My niere net net 30% funksie oorgehad.

Ek is dadelik in Saal 24B opgeneem en al die nodige toetse is gedoen, om uit te vind wat met my niere fout gegaan het. Dit was nogal traumaties vir my gewees. Ek is gediagnoseer met Polikistese Niere en daar is toe besluit om so gou as moontlik met die nodige behandeling te begin. Albei my niere is ook toe verwyder.

Ek is dadelik uit die skool gehaal en op die 25ste April 1978 (My 16de verjaarsdag!!) is ek vir die eerste keer ge-dialiseer in Saal 24A, die Haemodialise Eenheid van H.F.Verwoerd Hospitaal. Ek het daardie dag begin met my “ander lewe”: Die van ń nier-pasient.

Ek is dadelik op ń streng diet geplaas en my vog-inname is ook beperk. Ek het baie gou moeg geword en dit was erg vir my gewees. Dit was alles net te veel vir my en deprisiwiteit het oorgeneem. Na ń hele aantal dialises het ek “beter” begin voel, maar dit was omdat die gifstowwe deur die nier-masjien uitgewerk is.

My 1ste dag op die dialise was ń nagmerrie ondervinding. Ek was baie bang, veral toe ek die 2 dik naalde sien. Dit was so seer toe die naalde in my arms ingesteek is. Skielik het ń erge kramp my arm ineengetrek.

Ek het gekrul van die pyn, toe word ek naar, my bloeddruk val… My senuwees was gaar. Die eerste 6 tot 8 maande was erg. My liggaam is tot die uiterste beproef en so ook my gees. Die einde van die jaar was in sig en ek het heelwat “beter” gevoel. Soveel so dat ek die volgende jaar wou teruggaan skool toe! Na heelwat onderhandelinge tussen die skool en my dokters is ek dan ook terug skool toe.

Maar ek moes weer my Std.9 oordoen, en skool was skielik heelwat anders! Ek mag aan geen sport deelgeneem het nie. Kadet en L.O. periodes moes ek uitsit. Ek het baie gou moeg geword van al die trappe klim, en klasse wissel. Soms het my vriende my tas tot by ons huis gedra, wat ń groot hulp was.

Intussen is ek elke 2de dag gedialiseer. Die 1ste keer toe die ambulans my kom haal het was nogal ń petalje. Die ambulans het met ń groot lawaai daar aangekom en toe ek onder in die kantoor kom, het ek 2 baie verbaasde ambulans-manne gekry. Teen hierdie tyd het almal al by die vensters uitgehang om te sien wat aangaan.

Die twee ouens het my tas op die “stretcher” vasgemaak, en toe loop ek maar ambulans toe! Verskeie kere het die ambulans laat gekom en dan is ek tot laat in die aand gedialiseer. Op Dialise het ek dan gestudeer, maar die dialise sessie het my moeg gemaak. Die volgende dag het ek dan tuis gebly en gerus – baie kere! Maar ek het vasgebyt en met moeite aangehou. Die Saterdag voor die eindeksamen sou begin, sak ek by die huis inmekaar en toe ń dag later wakker word, het die chirurge ń bloedklont uit my regtersy gehaal….. ń snit van omtrent 20cm lank.

“Van al die tas dra” was hulle antwoord. Gelukkig het ek deur die jaar goed gedoen in die skool, en daar is besluit om my deur te sit. Maar die operasie het my moed en spoed gebreek ek. Die Desember vakansie het ek by die huis aangesterk en toe die skole weer begin het ek besluit om nie terug te gaan skool toe nie. Die moegheid en die stryd was net te veel vir my gewees. Maar een vriend van my, Danie Scheepers, het nie moed met my opgegee nie. Hy het aangehou det ek moes teruggaan. Hy sou selfs my tas dra orals waar ek gaan. Ek moes net my matriek klaar maak. Daarvoor sal ek hom ewig dankbaar wees, want aan die einde van 1980 het ek my matriek-eksamen geslaag…. Met volle universiteit’s toelating!

Ek het toe verder gaan studier by Tukkies vir ń Personeel Bestuurder. Ek was baie opgewonde en het regtig daarna uitgesien om myself te kwalifiseer in Personeel Bestuur B.Admin, maar Universiteit is nie skool nie. Die pas is vinniger en die leerwerk heelwat meer! Die afstande tussen my klasse was vęr en die moegheid het sy tol begin eis. Elke 2de dag masjiene toe, die bestuur heen en weer, lae bloeddruk en die lus en ywer vir studeer, wat net nie meer daar was nie. En ek het besluit om op te skop. Tye was moeilik en ek kon nie by die huis sit en niks doen nie. Ek het begin soek vir werk en met die hulp van die maatskaplike werker by Pretoria Akademiese Hospitaal het ek ń werk gekry. By die hospitaal self! Op die 4de Augustus 1982 het ek daar begin werk. Ek het my eerste dag begin in die Skryfbehoefte-Magasyn. My tweede dag is ek oorgeplaas apteekmagasyn toe, waar ek tien en 'n half jaar later sou klaarmaak! En in die 10 jaar het daar soveel dinge met my gebeur. Alles kan ek nie onthou nie, maar daar is 'n paar gebeurtenisse wat my lewe radikaal verander het. 'n Kollega van my, Marie De Meillon, wou op ń dag by my weet of ek Jesus ken en of ek geweet het dat Hy my kan help. Natuurlik het ek geweet wie Jesus is, maar ek het Hom nog nie aangeneem as my persoonlike Saligmaker nie. Sy het my toe uitgenooi na ń jeug-diens by die VEK Pta-Sentraal. Toe sy sien ek huiwer vir ń oomblik, het sy dit so terloops laat val dat daar ń maar oulike meisies sal wees! Ek het toe maar gegaan en later daardie aand my hart vir Jesus gegee (26/06/1983). Dankie Koning Jesus!

Op die 3de Julie 1983, is ek in die Volle Evangelie Kerk in 13de Laan Gezina, en luister na ń Pastoor met die naam van A.B. Du Plessis. En hy preek oor die doop! Die aand toe ek die kerkgebou verlaat, het ek Jesus deur die doopwater gevolg!!! Prys die Here! In die jare wat gevolg het, het Pastoor A.B. Du Plessis baie kere vir my gebid. In die hospital, by die huis en tydens dienste. Hy het ń groot impakin my lewe gemaak.

Met my gesondheid het dit ook maar baie dae sleg gegaan. Ek kon maar net nie aan die streng dieet gewoond raak nie en was talle kere baie siek as gevolg van ń hoë kalium en vog-oorlading. Op ń keer moes die vog van my longe af gedreineer word. Dit was baie seer gewees.

Met die kalium-beperkte dieet het nie veel beter gegaan nie. Ń piesang het net soveel meer lekker gesmaak!! En kaas&uie skyfies… onweerstaanbaar!! En al die ander lekker eetgoed.. Die versoekings het net nooit opgehou nie. Die kos tuis het ook net al hoe slegter begin smaak en dit het my lank geneem om aan dit gewoond te raak. Al die groentes moes ook altyd vir 24uur in water geweek word.

Dan was daar my werk-situasie. Die mense saam wie ek gewerk het, was wonderlik gewees. Almal het my onstandighede geken en het altyd net gehelp waar hulle kon. Wanneer ek in die hospitaal beland het, het soveel mense vir my ingetree in gebed en my dan besoek ook. Ek is net altyd aangemoedig om vas te byt, want more sal alles beter wees. Wat dan nie altyd so was nie! Op ń keer het ek uit die hospitaal weggeloop uit pure frustrasie! En selfmoord was ook ń paar keer op my agenda! Dankie vir Jesus Christus wat my bewaar het!

Ek het baie betrokke begin raak by die kerk en alles waaraan ek kon deelneem, het ek probeer. Ek het op die kerkraad gedien, was Jeugleier, Visie-Jeugleier, het soms uitgehelp by die Sondagskool, voorsanger gewees, ń telefoon-berader, hospitaal- en huisbesoeke gedoen en myself net geniet in al die aktiwiteite by die kerk.

Ek het soveel wonderlike mense ontmoet en vriendskapsbande gesmee, wat vandag nog bestaan. Ware vriende wat vir my gebid het en nog steeds bid. Vriende wat my altyd aangemoedig het en net nooit moed opgegee het vir en met my nie! Ons kan nie deur hierdie lewe gaan sonder ware en opregte vriende nie. Jesus was baie lief gewees vir Sy vriend – Lasarus, en toe Hy hoor dat Lasarus gesterf het, het Hy geween. Maar Hy het nie moed opgegee nie, en die volgende woorde gespreek: Joh 11:11



(11)  Dit het Hy gespreek; en daarna sę Hy vir hulle: Lasarus, ons vriend, slaap; maar Ek gaan om hom wakker te maak.

Ons het ons vriende nodig. Die Bybel stel dit baie duidelik dat ons vir mekaar moet bid, in Jakobus 5:16. AL my vriende in Jesus het hulself baie goed van hul taak gekwyt.

Gebede word in koperskottels opgevang en dan voor God se aangesig gebring. Maar in my geval dink ek dit moes ń hele paar goue olimpiese swembaddens gewees het! As engele oortyd gewerk het, was dit spesiaal net vir my gewees!

Vanaf Maart 1978 tot einde 1992 was ek op Hemodialise gewees. Die dialise het egter vir my baie moeilik begin raak want my are (en hartklep) was gedaan. En ek ook. Daar is toe besluit om my oor te skakel na Peritoniale Dialise. Dit was ook weereens ń aanpassing wat ek toe moes trotseer. En raai wat?? My vriende is nog altyd daar. Die verpleegpersoneel moedig my aan, my familie ondersteun my en saam met Jesus Christus van Nasaret het ek die volgende “seisoen’ in my lewe aangepak.

Ek kon nog steeds aanhou om te werk. Met die vergunning van my werkgewer kon ek in my entenstyd die ruilings van my dialisaatsakkies gaan doen in saal 42B, want die plek waar hulle die sakkies ruil, moes baie skoon wees. Die peritoniale dialise is ń meer ‘egalige of sagter’ manier van dialise want jy word vir 24 uur lank, elke dag, gedialiseer. Die dialise het ook egter sy ‘nie so lekker kant’ gehad en dit word genome “Peritonitus’, en dit het jy gekry as jy nie baie skoon gewerk het nie. Vandag doen ń masjien die ruilings…. Terwyl jy lę en slaap!! Ek het my maar self by die huis besig gehou met die bou van model-motors, trokke, motorfietse, en vliegtuie. Het baie videos gekyk en in die koor gesing. Op 8 Junie 1994 was ek juis weer besig om ń video te kyk met die naam van “Dead Poet’s Society”, toe die telefoon lui. So teen omtrent 20:30 die aand. Dit was een van die chirurge by die hospitaal en sy woorde aan my was: “Ons het vir jou ń nier.. Wil jy kom vir ń oorplanting?”

Toe ek 10 minute later ry, alleen na die hospitaal, was alles in rep en roer! My ma het agter gebly om al die goedjies wat ek sou benodig in te pak en dan later te bring. Te telephone is “spierwitwarm” gebel. Die opgewondenheid was elektries, die dam van dankbaarheid in ons harte het gebars en dit het aanhou uitloop by ons oë! Ons gebede is verhoor!

Nog ń nuwe seisoen het begin in my lewe, maar nie voordat ek weereens eers deur diep waters gegaan het nie. By die hospitaal aangekom, is ek dadelik ingelig oor die operasie en alles wat daarmee gepaard gaan. Ek moes egter eers wag tot die volgende middag voordat die operasie kon aangaan.

My senuwees was aan flarde toe ek 15:30 die middag van die 9de Junie ingaan teater toe. Die oorplanting was ń sukses en almal was baie dankbaar daaroor. Ek het uitgesien om met my “tweede lewe” te begin.

Die opgewondenheid het egter 8 dae later in paniek oorgegaan. My liggaam was besig om die nier te verwerp. Dit het vir my gevoel of ek almal in die steek gelaat het. Ek was platgeslaan. Dadelik is daar oorgegaan in gebed teen die verwerping, en ook om my medies te bahandel teen die verwerping. Ek dank die Here vir toegewyde verpleeg-personeel wat net nooit moed opgegee het nie. Tien dae lank het ons die verwerping teengestaan… Medies sowel as met gebede.

Weereens het God die gebede verhoor en my nier het weer begin funksioneer. Dit was egter ń tydsame proses en ek is eers drie maande later ontslaan.. Reg om die węreld aan te durf. Vir omtrent ń jaar lank het ek dit baie rustig gevat en net daarop gekonstentreer om so sterk moontlik te word.. in my liggaam, siel en gees. En hoe het die almagtige God my net nie versterk nie!! Net Hy kan dit doen.

Ek en my neef, Leon, het vir twee weke vakansie gaan hou in die Kaap, geen masjiene of sakkies nie!! Net vakansie, vakansie, vakansie!!! Dit was feeste gewees!

Terug in Pretoria het ek begin om weer werk te soek, maar dit het maar moeilik gegaan. Ons het nie ophou bid nie, maar voordat ek kon begin werk het, het ek weer deur ń valei van doodskaduwee beweeg. Ek het erge krampe op my hart gekry, en op 15 September 1996 is ek opgeneem in saal 14A by die Pretoria Akademiese Hospitaal. Ondersoeke het gewys dat my mitrale hartklep besig was om te verkalk en ń hartklepvervanging sou so gou moontlik gedoen moes word. Op die 17de September 1996 is ek om 07:30 die oggend teater toe vir die operasie. Die eerste drie dae het ek in die intensiewe eenheid gelę, en toe is ekk oorgeplaas na die saal toe. Daar het ek goed aangesterk, en tien dae later is ek ontslaan. Weereens het soveel mense vir my ingetree by Pappa Vader, en weereens het Hy my uitgered en my lewe gespaar.

Elke winter vir ń paar jaar na my oorplanting, het ek in die hospitaal beland met longontsteking. Antibiotika wou nie meer werk nie en daar is toe besluit om ń oop long-biopsie te doen. Van al die operasies wat ek al gehad het, was dit die seerste een gewees. Die probleem is to geidentifiseer en met die regte mediese behandeling en baie gebede, is die probleem ook uitgesorteer. Ek was nog nooit weer een winter in die hospitaal gewees nie! Prys die Here van die leërskare!

Nadat ek by die huis aangesterk het, het ek weer begin om werk te soek, en het ook toe een gekry by ń privaat maatskappy. Ek het weer ń “mens” geword. Ek het ń salaris verdien, en kon weer fisies deel word van die samelewing. Ek het weer begin sing in die koor (Gloria Sangers), en het die voorreg gehad om twee fantastiese toere mee te maak. Op een van die toere (Nelspruit en omgewing) was my ma ook saam gewees, en dit was vir my baie spesiaal gewees. Die ander toer ws die Port Elizabeth-toer in September 1997, en net voordat ek op die toer gegaan het,het ek my droomvrou ontmoet, en dit was die langste week in my lewe gewees, want sy kon nie saamgaan P.E. toe nie!

In Mei 1998 is ons getroud, en ek het ook sommer toe ń “Kits-pa” geword, want sy het ń seun uit haar vorig huwelik gehad. Dit was asof hulle altyd daar was, en sonder hulle sal my lewe leeg gewees het. Maar die huwelik is nie vir ‘sissies’ nie! Skielik het ek al die verantwoordelikhede van ń pa gehad, en ook die van die priester van my huis. Ek het gesukkel, maar my vrou het my so mooi gehelp. Natuurlik is dar opdraandes, maar dit word met, en in die liefde van Jesus uitgesorteer. Werk aan jou huwelik, elke dag… anders gaan dit moeilik gaan. Vra my, ek weet!

Ons het God vertrou vir ń blyplek van ons eie, en nadat ons ń belofte van Hom gekry het, dat ons ń huis van ons eie gaan kry, het ons begin vasstaan op Sy Woord. Nege maande later het ons na ń duplex woonstel gaan kyk. Ons het baie daarvan gehou, en het dit toe gekoop. Die hele koop transaksie was ń wonderwerk van God gewees! Alles het net in plek geval! Wanneer God iets in jou lewe bestel, sal Hy dit betaal! Wanneer jy iets bestel, gaan jy dit betaal!

Vyf jaar later is ons egter geskei, wat vir my nogal traumaties was! Ek het nie gedink dat dit ooit met my (ons) sal gebeur nie. Op ń dag het ons bymekaar gekom, en sommer net oor als gekuier en oor alles gepraat. Ons het mekaar vergewe, soos Jesus ons vergewe het, en besluit om aan te gaan met ons lewens.

Intussen het ek ook gegaan vir twee operasies op my hande, en het baie seer gehad met een van die operasies. En ook deur hierdie krisis het God my gehelp. Prys die Here!

Ek het my werk bedank. As ek ooit 'n stap van geloof geneem het, was dit die besluit gewees. Natuurlik nadat ek eers vir God geraadpleeg het! En Hy het my verseker dat Hy my nooit sal begewe en in die steek laat nie, volgens Hebreërs 13:5. En Hy het Sy Woord gehou! Hy het so vir my voorsien, dat dit onmoontlik is om alles neer te pen. Maar weet dit verseker. Hy is Jehovah Jireh, Die God wat Voorsien!

In November 2008 het ek een Sondag weer baie sleg gevoel. Ek het toe ongevalle toe gegaan, en daar is toe vasgestel dat ek inwendig bloei! En ek meen bloei! Na ń baie groot operasie was ek vir twee maande in die hospitaal gewees, voordat ek huistoe is. En nog steeds het Pappa Vader gebede verhoor.

Ek vertrou dat wat ookal U situasie is, U dit vir Jesus Christus, die Seun van God sal gee, Hy weet wat die beste is vir my en u, want Hy het ons dan gemaak! Hy wil hę dat dit goed met my en met u sal gaan. Na liggaam, siel en gees.

Openbaring 2:17

(17)  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sę. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee ‘n wit keursteen, en op dié steen ‘n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.

Kontak my by sommer net vir ń woord van bemoediging (van u aan my ook asb!) of epos my by die kontakbesonderhede soos hieronderRom 12:11 Afrikaans OV (11)  wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here;

Rom 12:11

(11) Be not slow in your work, but be quick in spirit, as the Lord's servants;

AMEN!


Gesels met Pierre:

Epos: pierre@sukijaki.co.za
Faks: 0864009232
.