stof tot stof, stof tot nadenke
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Phyllis Robbertson tehuis:
Waar elke inwoner waardig is
Tuisblad

Net duskant die dieretuin in Pretoria, nestel 'n oase homself knus vas teen die Apiesrivier. Hier sal jy 'n juweel vind, n plek waar elke mens se waardigheid, preoriteit is.

'n Omgeespan gestuurdes sien toe dat elke behoefte van die gestremde persone wat inwoon, hier aangespreek word. Elke inwoner vind hier 'n oase, waar die stigmatisering van oningeligde persone, nie toegelaat word om hulle lewens te reduseer tot 'n daaglikse appologie nie, maar opheffing tot volle potensiaal, deel van elke dag se roetine is.

Jy kan ook n verskil maak. Hier kry jy die gulde geleentheid om jou dankbaarheid vir jou gesondheid en en funksionele liggaam, te toon deur konstruktief, op fisiese wyse of as skenker, toe te sien dat hierdie helende ideaal, bereik kan word. Jou dankbare insette en skenkings, kan 'n groot roep gestremdes, weer help om hulle ware potensiaal te bereik en 'n waardige lewe te mag leef.

Kyk dus nou in die spieel, sien met dankbaarheid al die gawes en gesondheid wat Vader jou mee geseen het, raak, en maak daardie bydrae, wat met waardering ontvang sal word. Op hierdie wyse, raak jy daardie gelykgeskape medemens wat nie so geseend soos jy is nie, konstruktief aan.


Maak vandag nog kontak

Tel: 0123264105
Ligging: Dr Savageweg Wes 8, Prinshoff, Pretoria
Webwerf: www.phyllisrobertsonhome.org.za
Facebook: www.facebook.com/PhyllisRobertsonHome