stof tot stof, stof tot nadenke
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

'n Tandemaker van formaat op jou voorstoep.
Doen nou iets aan daardie gaping in jou mond...
Tuisblad

Per geleentheid breek een van Stof se krone mos. Die gemiddelde tandemaker se vereisde teenprestasie vir hul werk, weerhou hom daarvan om vir meer as drie jaar die Weskaap-glimlag te herstel.

Per geleentheid, maak hy mos 'n draai by 'n kennis in Pretoria Noord. Sy vertel hom van 'n tandemaker baie naby aan haar. So beland Stof dieselfde dag nog by Johan. Sommer dadelik maak hy 'n kosteraming. Hy neem sommer dadelik die mates. Die tande was binne drie dae gereed, teen 'n fraksie van enige ander se kwotasie. Dit is vandag 'n paar maande later, en die pas is steeds so perfek dat dit nog nooit enige probleem veroorsaak het nie.

Nou is dit jou beurt om hierdie omgee mens te ondersteun. Vader het vir Stof geseŽn deur 'n gehoorsame engel oor sy pad te stuur. Laat ons nou die regte ding doen en daardie engel verder ondersteun. Al Stof se ander tande is in plek, dus kan hyself hom nie verder ondersteun nie. Maar as jy enige tande-behoeftes het, gesels met Johan oor hoe hy jou kan help. So hou jy die besigheid in die kring van opregte gestuurdes.

Skakel vandag nog vir Johan by 0125465658, en maak seker jou glimlag is binnekort weer iets waarop jy kan trots wees!
.