stof tot stof, stof tot nadenke
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Wouter laat jou voete juk!
Tuisblad

By die aanhoor van Wouter Raath se naam mag jy dalkies net frons en vra, wie is hierdie ou? As jy hom egter eers op sy stukke op die verhoog of by jou funksie gesien het, sal jy begin vra waarom hom nie al lankal gevra het om jou kreatiewe opvoeding bietjie op datum te bring nie...

Wouter se musikale repertoire is groot. Hy kan jou laat lag, laat dans, nostalgies laat raak en jou op musikale reise neem waaroor jy nog altyd gedroom het. Hy kan jou suksesvol neem na enige muskikale era en jou herhinderinge weer laat herleef. Of hy kan jou kinders se voete laat juk op maat van hedendaagse treffers.

Maar by musiek bly dit nie. Wouter as seremoniemeester het 'n skerp humorsin en kan 'n groep mense maklik lees, sodat dit vir hom maklik is om tydens enige funksie die gaste se gees hoog te hou.

Doen nou die regte ding en bespreek Wouter vir jou volgende funksie, voordat sy dagboek tť vol raak...

Wouter se kontakbesonderhede:
Epos: woutie@sukijaki.co.za
Tel: 0826326795


© Stof