Uit die Woord
Die HERE is my lig en my heil: vir wie sou ek vrees? Die HERE is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees? Psalm 27:1
Maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie. Jes 40:31
Die seën van die HERE—dit maak ryk, en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie. Spr: 10:22
Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. Ps 23:4
Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie! Ps 103:2
En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen. Mat 28:20
Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle! Fil 4:4
En Jesus antwoord hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie. Mat 17:20
U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad. Ps 119:105