Electroman: Gekwalifiseerde en geregistreerde elektrisiën en rugsteunstelsel spesialis
Terug na indeks

Antonio, die dryfkrag agter Electroman, het reeds in die tagtigerjare in Italië as elektrisiën gekwalifiseer. Daar het hy ook intensiewe opleiding ontvang in alle aspekte van elektriese ontwikkelaars van alle groottes en spesifikasievlakke. Hy beskik ook verder oor sy volle Suid Afrikaanse instalasie-lisensie kwalifikasie. Electroman is geregistreer by Die Departement van mannekrag sowel as die Elektrotegniese Aannemersraad as kontrakteur en dus word sy werk sowel as sy sertifisering van installasies, deur alle Suid Afrikaanse owerhede aanvaar. In samewerking met 'n MIE kollega, kan hy jou ook bystaan met jou hoërisiko-installasies.

Antonio is gekwalifiseer en gelisensieer om die volgende dienste vir jou te kan aanbied:

Konsultasie oor nuwe elektriese installasies.

Ontwerp van alle elektriese installasies.

Huishoudelike installasies, uitbreidings, instandhouding en herstelwerk.

Industriële installasies, uitbreidings, instandhouding en herstelwerk.

Gevaargebied installasies, uitbreidings, instandhouding en herstelwerk, in samewerking met sy MIE kollega.

Alledaagse elektriese herstelwerk en foutopsporing, ongeäg die grootte of aard daarvan.

Ontwerp van jou rusteun- of alternatiewe kragstelsel

Installasie, instandhouding, foutopsporinge en herstel van elektriese rugsteun- en alternatiewe kragstelsels.

Beheer- en oorskakelstelsels van elektriese rugsteun- en alternatiewe kragstelsels.

Kalibrasie en instelling van elektriese rugsteun- en alternatiewe kragstelsels.

Hierdie dienste is nou op jou voorstoep. Doen sommer nou navraag by hierdie kontakbesonderhede.
Epos: elektries@leopatra.co.za
Tel: 0731618998