‘n Ope brief aan elkeen wat Wilhelm kafee en sy personeel waardeer en liefhet.

Een van die klante van hierdie winkel, by name Elize (NB: nie die werknemer nie!), is besig om gerugte te versprei dat Stof ‘n wrok teen Wilhelm kafee koester weens die feit dat hy dien in ‘n gemeenskap wat nie deur haar as gelyke naasgeskapenes geäg word nie. Sy bevraagteken ook Stof se bestaansreg en bedieningsbevoegdhede omdat hy dien in ‘n gemeenskap wat van bewese edel karakter is, maar deur Elize as swak van karakter gestigmatiseer word as gevolg van enkelelinge se wangedrag, en hierdie gelykgeskapenes se eer aktief verdedig, en hulle as sodanig dien.

Stof stel dit vandag hier in die openbaar: Hy waardeer en eer Wilhelm Kafee en elke personeellid vir hulle toegewyde diens aan die gemeenskap. Hy respekteer hulle as gelykes, en, anders as wat die gerugte dit het, ondersteun hy hulle graag en ag hulle hoog. Enige gerugte wat die teendeel beweer, is KWAADWILLIGE gerugte en nie refleksie van sy sentimente nie. Hy moedig elke lid van die gemeenskap aan om hulle lojaliteit teenoor hierdie winkel openlik te toon en uit te brei

Hy ag dit nie nodig om uit te brei oor Elize se bevraagtekening van sy roeping nie, want hy ag dié taak wat Vader hom mee vertrou, en die toerusting wat Hyself vir Stof mee toegerus het om hierdie taak te mag doen, as voldoende om gehoorsaam aan die hoogste Gesag te wees, ongeag menslike vooroordeel.

Besoek gerus www.spaza.stof.co.za om meer te lees oor die waardering en respek wat Stof vir hierdie kafee en die engele wat daar werk, koester.

Soli Deo Gloria
2015/06/26