|
'n Seleksie van Stof se | koerantpublikasies
|
| |
|---|
Indeks
Sakke kry skuld vir opvoedingsfoute.
Die media gons oor die verblydende nuus dat die grootste nasionale onheil, naamlik plastieksakke verban is. Van oraloor kry die regering lof vir hul benydenswaardige pogings om die omgewing te bewaar. Sakke is uiteindelik ontmasker as die grootste bedreiging vir die omgewing sedert die skepping. Viva Government!!!
Nugter gesien het ons in hierdie bedrukte tyd seker 'n bietjie humor nodig gehad. Tog jammer dat die humor gebasseer was op wanopvatiinge en tonnelvisie. Die arme plastieksak kry die skuld vir 'n opvoedingsprobleem. Die feit dat daar kulture bestaan waarin netheid nie juis hoë preoriteit is nie, word geïgnoreer. Uiteindelik is dit die mens wat sakke strooi, nie die sak wat homself aan 'n heining of 'n doringboom gaan ophang nie. Uiteindelik is die eliminasie van bloot een item wat mense strooi, nie 'n oplossing vir ons reuse rommelprobleem nie. Die oplossing lê eerder in opvoeding. Deur die dunner, gratis sak te verban, word baie entrepeneurs wat die pragtigste kunswerke daavan gemaak het, nou ontneem van 'n inkomste. Wat dalk op sy beurt weer tot 'n misdaadprobleem kan lei? Deur plastieksakke te verban, word die herwinningsprosesse wat instinktief in enkele kultuurgroepe heers, blatant nekomgedraai omdat sekere ander nie gedisiplineerd genoeg is om verantwoordelik met hul oorskietmateriaal om te gaan nie. Winkels kla oor die sekuriteitsrisiko verbonde aan ongekontroleerde privaatsakgebruik. Verbruikers word onkant gevang met noodinkope as hul nie hul eie sakke byderhand het nie. Bloederige vleispakkies lek op ander inkopies en maak die uitpak 'n nagmerrie. Maar intussen is almal maar oppervlakkig opgewonde oor hierdie fantastiese nuwe inisiatief, want dis sosiaal gesproke die regte ding om te doen. Wie is ek nou om my eie mening te hê, want dalkies stem iemand anders nie saam nie.!!!! In die harte van elke verbruiker, elke winkeleienaar, elke sakkie-entrepeneur is daar hartseer oor die afsterwe van ons getroue vriend, die dun sakkie.
Intussen word daar steeds niks gedoen aan die opvoeding tot beskaafde optrede nie. Daar word steeds met ander entiteite gemors en rommel van alle denkbare en ondenkbare soorte versier ons reeds skone land nog verder. Sekere munisipaliteite en streeksowerhede doen moeite om rommelhouers oral op en in openbare persele te plaas, maar steeds word rommel bloot net neergegooi. Die opvallende is dat alle kultuurgroepe nou gestraf word deur die verbanning van 'n ou tradisie. Deur bloot waar te neem waar die strooiery plaasvind, is dit nogal maklik om vas te stel waar die opvoeding begin moet word. Maar dit sal maar agterwee bly, want die owerheid het klaar 'n internasionale sterretjie op sy voorkop gekry vir die wyse besluit om plasteiksakke te verban.
Die ander probleem wat nou ontstaan, is dat op mense se finansiële snare getokkel word om herwinning aan te moedig. In die gemeenskappe waar armoede hoogty vier, is dit egter 'n doodsteek, want elke sak waarvoor nou betaal word, kon 'n honger kind van 'n happie kos voorsien het. Die teorie is dat mense die sakke sal waardeer en herwin as hulle betaal daarvoor. Tog is dit 'n verdere aanmoediging tot materieële denke waarin 'n medemens nie as preoriteit gesien word nie.
Besluite soos hierdie oor sakke laat 'n mens raaksien hoe 'n korttermynvisie van 'n owerheid, vir 'n groot dele van die bevolking ekstra probleme veroorsaak. G,n wonder dat Boswell en Wilkie toegemaak het nie, want die kompetisie was klaarblyklik net te sterk.
Dit is insiggewend dat die owerheid nou reeds 'n klein fortuin daaruit skep deur 'n ekstra fooi op elke sak wat verkoop word, te hef. So word die gemiddelde verbruiker net nog verder belas (of geboelie of watter sinoniem ookal van toepassing is.) Dit sal insiggewend wees om te sien hoe lank dit neem voordat hierdie ekstra staatsinkomste aangewend word vir 'n opvoedingsprogram in rommelhantering. Daar is tog genoeg geld vir VIGS opleidingsprogramme, genoeg geld vir TB opleidingsprogramme asook vir die opleiding van taxi bestuurders. So 'n ekstra programmetjie sal seker nie te veel kos nie? Of droom ek maar net? Dit laat my nogal terugverlang na die dae toe Zibi 'n huishoudelike naam was. Maar, soos enige ander volstruis, het hy ook maar heengegaan, en daarmee saam sy boodskap. Toe kry die plastieksak maar die skuld.
|
Lewer jou inset hier per Epos
Terug na hierdie blad se indeks |
Terug na Tuisblad |
|---|
Reeds by die Skepping het die wese genaamd mens homself bo sy Skepper probeer verhef deur die verbode vrug te eet. Sedert die dae van die uittog uit Egipte is die Volk reeds gewaarsku oor die gevolge van losbandigheid. Soos dit 'n tipiese mens betaam, het talle gereken dis 'n voorskrif wat bloot daarop uit is om die plesier uit die lewe te neem. Toe dir Farao nie wou toegee aan 'n versoek om die Volk Israel te laat vry gaan nie, het verskeie peste en plae hom en sy onderdane holrug gery. Toe die skim wêreldburgers besluit het om hulle identiteit en Volkstrots waarwel toe te roep by die toring van Babel, is hulle deur 'n taalverwarring getref wat juis hulle unieke identiteite bevestig het. Toe die mens te slim vir God begin raak het en sy eie strukture meer gesag gegee het as wat hulle ooit op sou kon waag om te roem, het die Sondvloed die totale bevolking uitgewis, en net die regverdiges 'n kans op oorlewing gegee. Steeds was die mens maar 'n moedswillige spesie wat geen les ter harte neem nie. Losbandigheid het voortgeduur, en roekelose omgang met materiële plesiere het weereens 'n menige laat vergeet van hul oorsprong. Toe Jona nie gehoorsaam was aan sy Roeping nie, het hy uiteindelik in die maag van 'n reuse vis beland, sodat hy daar in stilte kon besin oor sy daad. Eers toe hy besluit het om gehoorsaam te wees, het die vis in opdrag van God vir Jona uitgespoeg. Moes seker maar 'n slymerige spulletjie gewees het. In elk geval, nadat hy homself gereinig het, het hy toe wel sy Roeping gaan uitvoer, en deur Jona se profesie is derduisende gered.
In die nuus is onlangs verwys na 'n insek wat na bewering Vigs kan versprei. Dit was opvallend dat daar deurentyd verwys is na wetenskaplike navorsing in die verband. Vanuit die oorsaak, aard en doel van Vigs, is dit egter duidelik dat hierdie bewering heeltemal buite die spektrum van Vigs val. Soos algemeen bekend, is Vigs in wese tog eintlik 'n siekte wat deur seksuele losbandigheid versprei word. Dit is dus 'n Goddelike gegewe wat daargestel is om op 'n natuurlike wyse die losbandiges te begin uitroei. Soos enige pes, wat ook baie waargeneem word as bv. rotte deur 'n pes uitgeroei word, ly daar ook ongelukkig onskuldiges. Tog bly die primere lyers aan die siekte die wat deur 'n lewenswyse daarvoor gesoek het. Die kinders wat derhalwe daarmee gebore word, het dus nie self daarna gevra nie, maar die verskynsel is in pas met die Woord waar daar gestel word dat die sondes van die vaders tot aan die derde en vierde geslag besoek sal word. Dit is ook 'n feit dat die grootste groep vigslyers uit 'n reeds oorbevolkte swart samelewing kom. Deur 'n kombinasie van losbandigheid en 'n onverantwoordelike tempo van aanteling, raak dit elke oomblik duideliker dat Vigs 'n manier is wat deur God self daargestel is om Sy voorskrifte te beskerm, asook 'n oorbevolking uit te roei. As pes vir rotte werk, kan Vigs seker ook vir mense werk. Die bewering dat 'n insek Vigs dus kan oordra, is uit pas met die doel van Vigs en hou geen verband met die primere rede waarom Vigs met ons is nie. Dit is of komies of tragies dat die betrokke wetenskaplikes nou soveel geld bestee om 'n stelling te ondersoek wat tot niks sal lei nie. Vigs is nie malaria of verkoue nie, dis 'n unieke siekte met 'n besondere roeping, en sy uniekheid lê daarin dat die wat daarvoor soek, dit sal kry. Daarteenoor, die wat op 'n verantwoordelike wyse na die voorskrifte van die Woord leef, hoef nie daarvoor te vrees nie.
Dis wel tragies dat die benadering wat die regering volg oor Vigs, soveel onnodige geld in 'n put laat val wat nooit weer gesien sal word nie. Sou dit nie beter belê kon word in 'n daarwerklike poging om die spesie Homo Sapiëns en Barbarus Caffrae dalk tog vir sover dit moontlik is, te probeer opvoed tot verantwoordelikheid nie. Dan sal Vigs se verspreiding as 'n uitvloeisel van verantwoordelike optrede, drasties verminder. Realisties gesien, is opleiding in hierdie geval moontlik ook maar bloot 'n oppertunistiese eksperiment wat waarskynlik ook maar 'n put sonder bodem is, gesien vanuit die opvoedingskultuur van 'n groot deel van die teikengroep.
Ek, en ek glo geen ander mens ook het 'n ander oplossing vir Vigs nie. Daar is nie, en sal ook nie 'n chemiese genesingsmiddel vir Vigs ontdek word nie, want voorkoming daarvan lê nie in chemie nie, maar in 'n verantwoordelike lewenswyse en daarmeegepaardgaande beskaafde seksuele- en aanteelpraktyke.
Hopelik besef die medici wat kosbare bronne vermors op sinnelose navorsing wat tot niks gaan lei nie, dat hulle eerder 'n opvoedingroeping het. Deur te voorkom dat die vingerwysende virus jou beetkry, is baie beter as om hom te bestry as dit te laat is. Mag die medici ook spoedig tot insig kom.
Viva VIGS. As mense dan nie na die Woord wou luister nie, sal hulle waarskynlik tog eendag na jou luister, of hulle wil of nie. Jy is 'n gestuurde virus met 'n roeping! As pes vir rotte werk, kan Vigs seker vir mense werk.
|
Lewer jou inset hier per Epos
Terug na hierdie blad se indeks |
Terug na Tuisblad |
|---|
Dit is maklik om 'n hand uit te reik en 'n broer te help as jy dit uit jou oorvloed doen. Dit kan selfs promosiewaarde vir jou besigheidsbelange hê. Om vanuit 'n posisie van oorvloed te gee waar daar nood is, is ook prysenswaardig. Tog jammer dat die pers dan altyd daar moet wees om getuie te wees van jou goeie dade en dit aan die wêreld uit te basuin. Gewoonlik word die beriggewing dan so gedoen dat die fokus op die skenker val. Die ontvanger is 'n mindere faktor wat bloot maar net daar moes wees om die prentjie te voltooi.
Vanaand gaan jy huis toe. Dan hoor jy 'n klop. Jy stap na die deur met jou heel sokkies aan, nadat jy opgestaan het van 'n leerbank af terwyl jy na jou 72" TV gekyk het na die nuutste DVD, om te sien wie nou weer pla. Dan sien jy hom, flenters, met skoene vol gate en sonder sokkies. 'n Gestuurde. Maar die media is nie nou naby nie, en daar is dus geen sin daarin om 'n hand na 'n medemens uit te reik nie. Ongeduldig en in enkellettergrepige taal verwilder jy die man wat daar staan. Dan sak jy terug in jou leerbank, en verlustig jouself verder aan die oorvloed in jou huis.
Hoe sou jy weet wie dit was wat by jou deur was? Hoe sou jy voel as dit dalk 'n engel was wat na jou gestuur is om te sê "Ek is honger, ek is naak"
Daar kom 'n dag dat jy jou kombuiskas oopmaak, en met die aanskoue van al die leë rakke wonder waarom die groot transaksie toe skeef geloop het. Dan sien jy daar is nog 'n blikkie, nee, twee oor. Weereens 'n klop. Verslae kyk jy weer die gestuurde aan, en herken hom wat jy so wreed weggestuur het. Dan besef jy, daar is twee blikkies. Een vir jou en een vir my. Met 'n nuutgevonde rykdom in jou hart, sien jy hoe hy stralend wegstap met die blikkie, en jy besef dat hy gekom het om vir jou seën te bring.
Terwyl jy oorvloed had, was 'n medemens se nood vir jou 'n vae iets wat net elders bestaan. Toe jy verblind was deur glans, kon jy nie die seer van ander sien nie, want jou oorvloedsbril was te donker. Nou is jy geseën met maskerlose visie, en kan jy 'n medemens, 'n gelyke skepsel wat deur dieselfde God geskep is, raaksien. Die seën van deel uit die hart uit, self ervaar.
Waarom was dit nodig dat jou groot transaksie moes skeefloop, dat jy materieël moes afskaal na die nodigste? Dit was om jou te genees, om jou weer 'n medemens vir ander te maak. Dan maak deel sin, en jy besef dat jy nou ryker is as ooit vantevore.
As die versoeking dan kom om te dink dat jy eers my eie belange moet dien voordat jy ander in ag neem, dink daaraan dat jou eie gierigheid jou drumpel elke dag net nog en nog sal opstoot. Dan sal jy nooit die punt bereik dat jy 'n plekkie vir 'n medemens sal hê nie. Deur ook in tye wat vir jou lyk asof jy nie laer kan nie, 'n ander raak te sien, bring rykdom, groter as wat selfsug ooit kan bring.
Toe jy jou deur vir die gestuurde oopgemaak het, het jy nog 'n huis met 'n deur gehad. Toe jy aan hom die blikkie gegee het, het jy nog self ook 'n blik oorgehad. Toe hy wegstap na die park, of die brug, het jy op 'n bed gaan slaap. So was jou ervaring van 'n laagtepunt, eintlik 'n uitwysing van jou seëninge. En eendag, as jy weer daardie groot transaksie gekry het, sal jou deel wees sonder mediadekking, jou omgee vanuit die hart, en jou dankbaarheid vir jou DVD en 72" TV, teenoor jou Hemelse Vader.
|
Lewer jou inset hier per Epos
Terug na hierdie blad se indeks |
Terug na Tuisblad |
|---|
Moeg, na 'n lang dag vol moleste gaan maak ek 'n draai by 'n goeie vriend. Ek sak in sy stoel neer en haal vir die eerste keer in 'n lang tyd weer asem. Hy verdwyn in sy kombuis in. Oomblikke later kom hy daar uit met 'n bak vol bredie. Gemaak met gewone goed, maar saamgestel soos wat geen bredie nog ooit gedokumenteer is in 'n respteboek nie. My moeë hande het die lepel geneem, en ek het die vreugde skeppie vir skeppie geniet. Geen restaurant kon nog ooit hierdie resep ewenaar nie. Geen franse sjef sal dit ooit kan namaak nie. Dit het gekom van 'n mens wat meer menswaardigheid in hom het as party woonbuurte se inwoners in totaal. Die bak kos het uit die hart gekom, sorgvuldig saamgestel met eensame hande wat so dikwels alleen en verworpe sy dae en nagte moet slyt. Dan besef ek dat die grootste vyfgangmaaltyd met al die foefies daarmee saam, nooit so suksesvol sal wees soos 'n basiese, ongedokumenteerde, maar meesterlike bredie wat uit die resepteboek van die hart kom nie.
|
Lewer jou inset hier per Epos
Terug na hierdie blad se indeks |
Terug na Tuisblad |
|---|
Arbeidsbetrekkinge: Vreugde of pyn?
In vele huishoudings, boerderye en besighede is daar 'n behoefte aan meer werkende hande as wat die gesin, boer of sakeman self kan lewer. Daar word dan aanstellings gemaak van eksterne persone wat nie noodwendig 'n direkte belang by die saak het behalwe 'n vooraf-afgespreekte vergoeding in hetsy kontant of 'n ander vorm van ruilhandel. Vanuit die mens se natuurlike staat van verderf, lei dit dan daartoe dat die werkgewer vanuit 'n materiële punt, die maksimum produksie vir die minimum vergoeding probeer beding, en die werknemer op sy beurt die maksimum vergoeding vir die minimum werk verrig. Hierdie ongelukkinge situasie wat sedert die sondeval in Eden by ons is, lei dikwels tot meningsverskille tussen die twee partye. In tipiese menslike oorhaastigheid word dan gewoonlik na mensgemaakte voorskrifte gegryp wat nie noodwendig kragtens die Wet van liefde opgestel is nie. Twee of meer skepsels van dieselfde Vader voer dan 'n ongeoorloofde en verkleinerende proses teen mekaar met die einddoel om die ander persoon uiteindelik soveel moontlike skade te berokken. Dit gebeur dan dat regsgestremdes wat bloot maar 'n opleiding het in enkele menslike regstelsels, deel word van die proses omdat hulle ook materieel daarby kan baat, onder die dekmantel van dienslewering. Uiteindelik is die hele konflikhanteringsiuasie vir geen party tot voordeel nie, en word daar op een of meer partye 'n permanente letsel op sy gewete geplaas by afhandeling van 'n saak wat op hierdie oogklap-materieële stelsel "opgelos" is.
Die beginsel van arbeid berus op die beginsel van" In die sweet van jou aangesig sal jy jou brood verdien." Die hantering van verhoudinge tussen die werker en die opdraggewer berus dan op die die beginsel" Jy moet jou naaste liefhê soos jouself".
Dit is dus foutief om in enige werksituasie eers na allerlei menslike, krom standaarde te kyk wat sekere "regte" vir partye voorhou. Geen mens het inherent regte nie, want ons is in sonde ontvang en gebore en word daagliks deur ons sondige natuur verwring. Dit is eerder 'n onverdiende voorreg wat God aan Sy kind gee om so geseënd te wees dat hy genoeg werk het om ook aan ander werk te kan gee. So is dit ook 'n onverdiende voorreg wat God aan die werker geskenk het vanuit Sy genade dat die betrokke mens sekere talente en vermoëns ontvang het wat hom in staat stel om 'n sekere taak of take vir ander te verrig. Vanuit die beginsel van wedersydse respek en naasteliefde, is 'n logiese uitvloeisel dan die billike hantering van partye teenoor mekaar. Dit is uiters arrogant as mense kragtens sekere mensgemaakte teorieë oor arbeidsregte, begin om mekaar soos diere te jag. Dit is verstaanbaar dat dit gebeur, want vanuit 'n ingebore selfsug is dit dikwels vir 'n ongewasde mens heeltemal in orde om op ander te trap en hulle op alle vlakke soveel as moontlik te wil verneder. Die uiteinde is egter nooit heilsaam nie. 'n Meganiese geskiloplossingsmeganisme is bloot maar op korttermyn 'n skynoplossing vir slegs een party.
Dit het al gebeur dat 'n persoon wat met baie empatie vir 'n ander se gestremdhede, die gestremde 'n geleentheid gegun het om sekere take te verrig, maar weens 'n houding van sogenaamde regte wat hy opgeeis het en 'n doelbewuste nalatige houding oor sy werk as gevolg van die sogenaamde regte, moes hy noodgedwonge gevra word om sy eie paadjie te neem. Hy het egter die werkgewer, wat uit sy pad gegaan het om hom te akkomodeer, deur sekere owerhede en selfs die plaaslike polisie gedreig met allerlei dreigemente wat beslis nie tot getuienis van sy Vader is nie. Uit hierdie voorbeeld is dit veral duidelik dat die oomblik as enige party enige regte as vanselfsprekend begin sien en opeis, dit die verhouding dadelik versuur.
Indien die geleentheid om aan 'n ander 'n werksgeleentheid te verskaf, dus as die voorreg beskou word wat dit is weens die besondere seën wat daartoe gelei het, en die persoon wat die geleentheid ontvang ook dit ervaar vir die genadige voorreg wat dit werklik is, is die vooraf versuring van hierdie werksverhouding deur allerlei regsgestremde prosesse, heeltemal uit plek. Die blote gedagte daaraan is 'n mosie van wantroue in die ander party.
Indien daar wel op voorafbepaalde voorwaardes besluit is en dit gedokumenteer word, moet daar deeglik van die Deo Volente beginsel kennis geneem word. Dit moet dan ook duidelik in die dokumentasie ingeskryf word. As dit uitgelaat word, word daar geen ruimte in die ooreenkoms gelaat vir die leiding van die Gees nie, en word menslike denke en oordele verhef tot meer as Goddelike wysheid.
Baie boeke is reeds vol geskrywe oor arbeid en arbeidsbetrekkinge, maar omdat dit vanuit 'n totale materieële oogpunt gedoen is, het dit weinig bereik in die vermindering van arbeidsverskille. Dit het eerder tot groter konflik gelei. Om nog derduisende sulke dokumente te publiseer, sal nie die konflikprobleem oplos nie. Eers as werkgewer en werknemer tot die kern van naasbestaan en Godgegewe genade kom, en mekaar daarooreenkomstig bejeen, sal die pad tot genesing 'n realiteit begin word. Moet dus NOOIT in die slaggat val om ten koste van jou eie gewete en 'n naaste se vrede, jou tot hierdie krom stelsels te wend waar daar altyd iemand seerkry nie. Wees eerder dankbaar vir die VOORREGTE wat jy geniet en laat julle wedersydse lojaliteit 'n uitvloeisel van dankbaarheid teenoor die Here wees. Dan eers sal arbeidsharmonie begin gestalte kry.
|
Lewer jou inset hier per Epos
Terug na hierdie blad se indeks |
Terug na Tuisblad |
|---|
Dit gebeur dikwels dat 'n passasier in 'n voertuig se gesprek hoofsaaklik uit ongevraagde advies aandie bestuurder oor sy bestuursmetodes of sy roete bestaan. Deur so op te tree, word 'n direkte mosie van wantroue in die bestuurder geplaas, en blyk 'n stuk ondankbaarheid oor die geleentheid om te kon saamry. Dit het dus noodsaaklik geword dat daar 'n stel reëls saamgestel word waarvolgengs met so 'n bekdrywer gehandel behoort te word.
Waarskuwing aan bekdrywers
Bekdrywers sal sonder verhoor agter op die bakkie of vragmotor saam met die vrag gelaai word. Indien die insident in 'n sedan plaasvind, sal die omstandigdhede in punt 2 genoem, as gegewe aanvaar word en sodanig gehandel word.
As die vrag die hele laairuim volmaak en daar nie meer plek is nie, sal hul by die naaste veilige stopplek afgelaai word.
R2.50 sal, waar moontlik en beskikbaar, voorsien word om die volgende taxi te haal.
Reën, storm, orkaan, wolkbreuk, burgeroorlog, Al Quida aanvalle, ANC teenwoordigheid, pimentasie, chemiese oorlogvoering, bedreigende plaaslike faktore langs die pad, familie in die parlement of 'n opgeblase ego is geen verskoning nie.
Indien 'n taxi of 'n bus nie beskikbaar is nie, sal die oortreder duimgooi.
Familie of kennisse mag ook per telefoon, per rooksein of per bostelegraaf vir 'n geleentheid op eie koste gekontak word vir 'n geleentheid.
'n Volgende saamrygeleentheid is onderworpe aan suksesvolle rehabilitasie.
Rehabilitasieterapie sal op eie koste onderneem word
Die oortreder sal self verantwoordelik wees vir verblyfkostes by die rehabilitasiesentrum.
Sou verdere oortredings weer voorkom, word die oortreder se toekomstige mobiliteit beperk tot openbare vervoer, eie vervoer of hoefdiervervoer op eie risiko.
Die busdrywer, die hoefdier of die oortreder se eie voertuig mag egter te enige tyd weier om verdere dienste te verskaf as hul vaardighede en oordele in twyfel getrek word.
As daar na alle billike stappe op geen wyse suksesvolle rehabilitasie plaasvind nie, sal 'n beroepspes op sy eie koste aangestel word om die oortreder daagliks te vergesel op al sy aktiwiteite en en hom te kritiseer, te adviseer en te kerm oor alles wat hy doen.
|
Lewer jou inset hier per Epos
Terug na hierdie blad se indeks |
Terug na Tuisblad |
|---|
Sedert die gebeure by die toring van Babel, is daar 'n verstrooing van nasies. Die wonderlike hieromtrent is die ryke verskeidenheid van verskillende kulture wat hieruit ontstaan het. Elke volk het na die verstrooing op 'n unieke wyse ontwikkel wat uiteindelik van hom 'n volk gemaak het wat met trots aan die res van die wêreld kon sê "Ek is lid van my eie volk en in my noppies daarmee.
Mettertyd het verdere gebeure ook fyner onderskeide tot gevolg gehad, wat die ryke verskeidenheid mense verder vermeerder het. Elke volk met sy eie kultuur, eie simbole, eie gebruike ontwikkel. Die verskil in kultuur was so 'n hoë preoriteit, dat inheemste stamme mekaar selfs afgemaai het daaroor.
Ons het in Suid Afrika meer as twintig verskillende kultuurgroepe.
Hoofsaaklik is die volgende groepe redelik goed verteenwoordig: Sotho's, Boere, Engelsmanne, Kleurlinge, Boesmans, Portugese, Pedi's, Tsongas, Indiërs, Ndebeles, Seswati's, Vendas, Tswanas, Maleiers, Swazis, Zoeloes, Xhosas, Chinese en ander oosterste volke, Arabiere, Sesotho's, en selfs 'n groot groep Zimbabwiërs wat hier 'n veilige heenkome kon vind. Ongelooflik dat daar ook 'n groep identiteitloses is wat skaam is vir hulle herkoms en hulself dan maar as 'n reënboognasie voorstel by gebrek aan 'n trotser volksomskrywing.
Elkeen van hierdie verskeidenheid het 'n unieke stel eienskappe wat hulle onderskei van die ander. Dit skep 'n gerusstelling van "Ek hoort êrens, ek het identiteit" Die volke wat hul eie kultuur hoog ag, en onderhou, het ook dan 'n hoë agting vir die ander se kulture, want hul verstaan waaroor gaan volkstrots. Deur wedersydse respek word die ander volk gerespekterr vir sy bestaan, sy kultuur en sy eienskappe. Dit sou minagting van die ander wees om hom te probeer verander tot iets wat hy nie is nie. Veral die Sotho, Boere, Zoeloe en Ndebele kulture verstaan hierdie beginsel baie goed. Daarom dat ons met hartseer kennis neem dat daar mense is wat van mening is dat trots op my eie, noodwendig haat vir dit wat nie my eie is nie, impliseer. Die teendeel is egter so waar. Hoe trotser 'n volk op sy eie bestaan en kultuur, hoe beter verstaan hy die ander volkere se trots op hul eie kulture. Daarom sal iemand wat werklik trots is op wat hy is, en met 'n passie sy eie identiteit beskerm en uitdra, nooit 'n ander volk wat dieselfde doen haat, minag of probeer verander om soos hyself te lyk nie. Omdat daar dan Volkstrots is, sal hy wedersyds ook verwag dat sy kultuur gerespekteer word deur die ander.
Dit is hartseer dat daar vandag enkele lede van enkele Volksgroepe is wat vanuit poste wat hulle beklee, soveel as moontlik steke inkry na enige-iemand wat nie deel van sy volk is nie. Volkere wat ander haat omdat hulle anders is. Wesersydse respek begin daarby dat jy jou eie volk nooit versaak nie, nooit jou eie afkoms en fondamente vergeet nie. Dan sal jy ook begryp waarom die ander Volk met net so 'n groot passie sy kultuur koester en bewaar. Daarom die oproep, respekteer jou eie Volk, en verwag ook respek van ander Volkere vir jou kultuur, nie omdat jy daarop geregtig is nie, maar omdat jy aan hom die voorbeeld gestel het deur hom te respekteer vir wat hy is. Deur in die gat te trap van oppervlakkige eenheid, word jy identiteitloos, deel van 'n groot groep verwardes wat geen identiteit meer het nie, en diep in hul harte baie eensaam is. So 'n kunsmatige volk sal nooit mekaar ten volle verstaan nie, nooit met 'n diep innerlike vrede van die wete dat ek uniek is, deur die lewe kan gaan nie. Leef jou kultuur voluit! Saai jou identiteit uit. Moenie skaam wees vir die kultuur waarin jy geskep is nie. Vertoon jou simbole, neem deel aan jou tradisies. Wees dus trots, Sesotho, wees trots Boer, wees trots Boesman, en so ook vir die ander, want daardeur vervul jy jouself met jou besondere identiteit wat jou, in pas met die Vader se wil by Babel, 'n trotse Volk kan laat wees, en 'n getuienis vir ander.
|
Lewer jou inset hier per Epos
Terug na hierdie blad se indeks |
Terug na Tuisblad |
|---|
Snuffel-snuffel deur die lewe. Opsoek na nog 'n brokkie nuus oor iemand. Dan net gou 'n sappige stertjie byvoeg, en siedaar, 'n heerlike skinderbrokkie. Dan gou die nodige oproepe maak, of gou-gou rondom 'n teetafel so fluiter-fluister die storie van die dag aan almal vertel wat wil luister. So word menige mense daagliks gereduseer tot 'n bron van vermaak van ander. So word ons wat die voorreg het om deur 'n genesings en louteringsproses te gaan, deur ander as so laag geag, dat dit heeltemal regverdigbaar is om ons genesingsproses te ondermyn ter wille van nog 'n ou skinderstorietjie. As ek dan op 'n dag vir jou 'n niksseggende antwoord gee, of 'n skewe antwoord as jou gesnuffel my genoeg irriteer, dink jy dat ek lelik is met jou. Dan dink jy dat jou reg om van 'n lydende 'n objek van spot te maak, geskend is. Ek weet reeds dat jou gesnuffel nie omgee as motief het nie. Ek weet ook dit wat jy so plegtig belowe het vertroulik sal bly, binne minute landswyd per telefoon, epos en op nog hordes denkbare en ondenkbare wyses versprei word na jy gou 'n geurige sousie daaroor gegooi het. Waarom verkwalik jy my dan dat ek my mededelings beperk tot enkeles wat werklik omgee, wat opreg daaroor sal bid, en wat hulle nie laat intimideer deur 'n siellose spul sensasiesoekers nie. As ek dus in die toekoms net oppervlakkig oor die weer en brandstofpryse met jou praat, weet minstens dat ek nog met jou wil praat. Eendag sal daar genadige genesing vir my wees, dan sal ek weer my roeping in die Koninkryk en samelewing volkome kan uitvoer. Dan sal ek daar wees vir jou, as jy deur dale en dieptes gaan. Dan sal ek opreg saam met jou bid, en dit wat jy vertroulik met my deel, slegs met my hemelse Vader deel. Ek is nie kwaad vir jou nie, en het jou lank reeds vergewe. Omdat ek nou beleef wat ek wel beleef, sal ek eendag verstaan as jy na my toe kom om jou uit die moeras te help trek. As jy dan besig is om sekere dinge in jou lewe te verwerk, of dit in gebed met jou Vader deel, sal ek nie snuffel nie. Net daar wees dat jy op my kan steun as jy my nodig het. En as ons dan saam ook jou genesing bereik het, sal ek saam met jou feesvier daaroor.
|
Lewer jou inset hier per Epos
Terug na hierdie blad se indeks |
Terug na Tuisblad |
|---|