Lepinotus Patruelis
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Wat of wie is Lepinotus Patruelis?
Meng jou bietjie met luise...
Tuisblad

Nou vra jy mos, wat of wie is Lepinotus Patruelis. Is dit 'n onwettige imigrant? Dalkies 'n sjinese skeepswerker wat per ongeluk op die hawe agtergebly het. Miskien selfs, 'n nuwe virus wat die medici nog nie opgespoor het nie?

Lepinotus Patruelis is 'n agtpotige ongewerwelde goggatjie. Dit staan in Afrikaans en Nederlands bekend as 'n stofluis. Soos te verwagte, het die britte weer kop oor agterent gaan taalreŽls opstel en noem hulle hom eensydig "barklouse", met hulle term "dust mite" as iets heeltemal anders.

Synde 'n ongewerwelde skepseltjie, het van sy kritici hom al as ruggraatloos beskryf. Dit is biologies heeltemal korrek, en dien terselfdertyd sommer ook as term wat beskryf hoe hulle diep in hulle hartjies oor hom voel.

Lepinotus Patruelis is skadeloos. Hy leef in kussings en ander plekke in huise en veral slaaplekke waar daar dikwels vogtigheid is. Anders as te verwagte, byt die stofluis nie en stel hy geen eise aan sy skenkers nie. Sy stapelvoedsel is skilfers, wat die skenker vrywillig afstaan as hy rondrol op die kussing. Eers nadat die skenker die skenking gemaak het, begin die Lepinotus Patruelis om sy koningsmaal te nuttig. Hy sal egter nooit die skenker aanjaag of van lastige maniere gebruik maak om sy voedsel te bekom nie. Daarom is die skenkers dikwels onbewus van die Lepinotus Patruelis se teenwoordigheid en borg hulle dus, sonder dat hulle dit eers weet, smaaklike maaltye van vars skilfers, net vir hom.

Waar kom Lepinotus Patruelis dus vandaan en hoe het dit gebeur dat hy dan nou 'n digitale teenwoordigheid handhaaf? Lepinotus Patruelis is die publieke naam van die filantroop en skrywer Stof. Uit die aard van sy werk is daar baie wat hom as 'n luis beskou. Synde die trotse draer van die naam Stof, maak dit dus van hom 'n stofluis, biologies korrek beskryf as 'n Lepinotus Patruelis.

Sou jy dus na hierdie aangename kennis, meer wou deel oor Lepinotus Patruelis en sy belange, is jy welkom om die skakels hieronder te gebruik om sy amptelike webwerwe te besoek.

Stowwerige bediening

En as jy daarna nog vir Lepinotus Patruelis wil ken, is jy welkom...

Stowwerige groete en... baie dankie vir jou gereelde en mildelike skilferskenkings.
.