Vars uit die oond-nuus

Bets Botha is 'n legende in die klassieke musiekbedryf. Nou het jy die geleentheid om jou sangtalent te ontwikkel deur by haar self lesse te kom neem. Kom put uit hierdie talentvolle vrou se leeftyd van ervaring. Skakel Bets nou by 0793531997 of stuur vir haar 'n epos by bets@kunsblad.co.za om jou plek in haar klasskedule te bespreek voordat haar dagboek dalk net volbespreek is!

Entertainment Galore maak jou wêreld oop om sterre soos Gary Forwood en ander grotes in jou midde te verwelkom. Besoek nou die webwerf by www.entertainmentgalore.co.za om jou reis te begin!

Manne met stemme in harmonie. Jy kan deel wees daarvan. As jy in of naby Hercules woon het jy nou die gulde geleentheid! Daar word D.V. binnekort 'n mannekoor op die been gebring vir manne wat 'n verskil wil maak aan die musiekfront. Gesels met Johann Visser by johanv@klanke.co.za of skakel hom by 0829281919 en word deel van hierdie ideaal.

Juenka se webwerf is op die lug! 'n Lekkerkuier versameling werke wat jou weer en weer sal laat terugkom vir nog. Klik sommer nou hier om jou kreatiewe opvoeding op datum te bring. Later is dalk te laat.

Die eerste van 'n reeks van drie boeke in die Bertha Badprop reeks, deur Natasha Dutton, is nou op die rak. Doen nou reeds navraag oor jou eksemplaar terwyl die huidige druk nog beskikbaar mag wees. Klik hier om jou navraag te rig of skakel 0722840767 om joune te bestel! Klik hier vir meer inligting oor die skrywer en die publikasie...

Vuurwerke! Beleef die ekstase van 'n lewendige vuurdansvertoning! Vir meer inligting, gaan loer in op Reinette se werf!

Sarah van der Merwe se album Klawerjuweeltjies is nou uit. Mallotti het Sarah se werke meesterlik verwerk tot musiekstukke wat jou sinne gaan streel en beslis 'n plekkie op jou CD rak verdien. As jy meer wil weet of hierdie juweel op jou rak wil hê, stuur 'n epos aan sarah@kunsblad.co.za. Sarah se tweede album is D.V. ook binnekort beskikbaar en daar is nog verder opnames van haar werke in proses.

Gary Forwood se Niell Diamond Huldeblyk is nou beskikbaar. Skakel nou vir Yvonne by 0823718226 om jou eksemplaar te bekom terwyl daar nog eksemplare beskikbaar is.

Lus vir Erna se varkerige verhaal? Besoek Erna se werf en lees saam...

Hou links gaan regs verby is die titel van chrisman baard se jongste album wat sopas by die Steak&Ale in Verwoerdburg bekend gestel is. Hierdie album is binnekort ook op die rakke van alle musiekwinkels wat hulle sout werd is. Klik hier as jy nou reeds wil navraag doen oor jou eksemplaar.

Lees ook meer oor die suksesvolle huiskonsert van CC musiekskool onder leiding van Chris Coetzer en René van der Walt. Klik hier om saam te reis...

>