|
Ouma se slim kind is 'n plaaslik vervaardigde vollengte Afrikaanse rolprent deur Gustav Kuhn. Dit speel 'n paar dekades gelede af in 'n plaasgemeenskap waar 'n gestremde seun blom as gevolg van omgeemense se liefde, maar ook sy evarings as teiken van boelies en vooroordele teen gestemdes. Gustav slaag daarin om 'n realistiese storielyn te vermeng met meesterlike tegniese versorging. In Ouma se slim kind word die meeste emosies wat ons as mense een of ander tyd beleef, treffend uitgebeeld. Daarom is dit so maklik om te vereenselwig met die karakters én die draaiboek. Vir dié kykers wat tussen die lyne van die draaibloek lees, is daar 'n bonus. Daar is 'n les in menswees, maar ook 'n boodskap dat elkeen van ons 'n plekkie in die son het.
|
|