chrisman baard en sy trawante bied aan
Ongerymd
- 'n Woord-en-klankaand wat sal bly eggo eggo eggo
Gedugte gedigte en liriek wat meng met onaardse blues en bowęreldse esoteriese klanke.
Die náklanke maak jy...
Kunstenaars:
- Digter Stof, tot nadenke
- Digter René Walsch (Dis 'n Walsch, Willemina!)
- Die aforismes, b-forismes en c-forismes van Eben Scheffler
- Onmoeder Theresa van Tonder wat breyten laat d-d-d-donder
- En tussendeur dit als spaghetti chrisman baard met songs en lirieke wat jou skop waar dit kielie...
Resep:
- Voeg oorspronklike digwerk en dramatisering by aaah!lternatiewe musiek.
- Meng ligweg iets vloeibaar en koubaar by. (Te koop by die teater).
- Gooi met die intrapslag jou R60 per kop by. (Die res van jou lyf kom gratis saam.)
- Skud sonder ophou, want dit kook en geniet.
- 'n Folk-aand in klassieklike tradisie.
- Wanneer:
Saterdag 23 Maart 2013 om 19:00
- Waar:
Asbos-teater (www.asbos.co.za):
Karoo Square, Die Wilgers
Lynnwoodweg 141, Pretoria
Hv. Albethstraat
- Toegang:
R60 per kop by. (Die res van jou lyf kom gratis saam.)
Kom geniet die aand saam. Sit weer die "pret" in Pretoria.
Navrae: chrismanbaard@gmail.com
Kaartjies by die deur.