“….soekers wat nooit vind…”
- so het oorle’ Koos Doep gesing...

Maar nou’s dit tyd vir ‘n ander soort soekers.....

Skoorsoekers!
Kom soek die Skoorsoekers op. Chrisman, willow en stof soek skoor op die verhoog. Kom hoor hoe klink die dinge wat jy in elk geval glo, as dit blatant eerlik van die verhoog af kom.....



Deur musiek en woorde word met sosiale verskynsels, openbare karakters en parlementere komediante geploeg. En nog so 'n paar verrassings. Hou die Kunstenaarsnuus dop vir die volgende geleentheid waar jy dié spulletjie kan kom beloer....

Doen nou navraag of bespreek die Skoorsoekers deur 'n epos te rig aan skoorsoekers@kunsblad.co.za

Om in te teken op die Kunstenaarsnuus en so op hoogte te bly van 'n verskeidenheid kuntenaars se sake en kunstenaarsverwante sake, klik hier.


Besokers sedert 2006/11/08
besoekers sedert
2006/11/08
Hier word jy getel