stof tot stof, stof tot nadenke
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Pieter Engelbrecht: Boekhouer
Laat jou besigheid se boeke klop!
Tuisblad

Die meeste vakmanne en besigheidseienaars sal saamstem dat die las van boekhou en administrasie soveel van hulle tyd en aandag opneem, dat die bedryf van die besigheid later nie meer 'n plesier is nie. Die tyd wat bestee word aan die inhoudelike van die besigheid, dit wat juis die besigheidseienaar gedryf het om die besigheid op die been te bring, word al hoe minder omdat aandag gegee aan ondersteuningsdienste wat niks met die besigheid se dienste of produk te doen het nie.

Pieter het egter die passie vir syferwerk en boekhou. Hy kan hierdie las van jou afneem en jou so weer instaat stel om te doen dit wat jy die liefste voor is, naamlik die bedryf van jou besigheid dienste en die vervaardiging van jou produkte.

Gesels vandag nog met Pieter oor die boekhoukundige pakkette wat hy jou kan aanbied, en bring so weer jou passie terug in jou besigheid.

Kontakbesonderhede:
Epos: pieter@superspaar.co.za
Tel: 0827859131





© Stof