stof tot stof, stof tot nadenke
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Viervoetvreugdetjies: 'n Rotmaatjie
Wat is die lewe sonder 'n troetelrot
Tuisblad

Die viervoetvreugde van 'n omgee rotjie wat in jou nek kom snuffel net om te sÍ, ek is nog hier en ek is gelukkig. Is alles nog wel by jou?

En dadelik word 'n moŽ gees gelig en dryfkrag kry weer 'n hupstoot, want daar was iets vanuit die skepping wat genoeg omgegee het om te groet.

Jy hoef nie jaloers te wees nie. Daardie vreugde is jou ook beskore. Daar is van tyd tot tyd jong rotjies wat gebore word uit 'n paar geslagte se keurige seleksie om die beste en die mooiste te wees. Jy mag dalk net die bevoorregde aanneem-ouer van een of meer van hierdie viervoetvreugdetjies wees.

Gesels gerus met Stof as jy jou lewe wil verryk met die lojale kameraadskap van 'n rotmaatjie. Indien daar jong rotjies beskikbaar is, is dit dalk net jou gelukkige dag.