|
'n Ander kant van Stof: Soos wat daar tye tussendeur sy dienslewering en die kreatiewe vry is, gebruik Stof ook sy gawe om basiese webwerwe te skryf, om ander tot diens te wees en op hierdie wyse, ook 'n bydrae te maak tot sy daaglikse bestaan.
Om 'n webwerf te bou is nie baie moeilik as die basiese tegnieke bemeester is nie. Daarom is dit selde nodig om 'n buitestaander te huur om dit vir jou te doen. Hieronder is skakels na verskeie hulpmiddels om jou werfboureis, 'n plesier te maak. Die meeste rekenaars beskik oor 'n basiese teksredigeerprogram soos Notepad. Daarmee kan jy jou totale webwerf bou, sonder om enige duur sagteware aan te koop. Hieronder is 'n skakel na 'n selfdoen webgids, wat jou sal wys hoe om jou werf sommer gou-gou self te bou.
As jy steeds sou verkies dat iemand anders jou bystaan in die bou van jou werf, of jou werf vir jou bou, maak gerus gebruik van een van die volgende dienste:
Maar voordat jy verder gaan, toets gou hieronder of die domeinnaam van jou droomwebwerf wel beskikbaar is. Indien wel kan jy dit sommer dadelik op die resultaatblad bestel, voordat een of ander stoute kabouter dit voor jou neus wegraap. Hieronder is ook twee skakels na webplase waar jy kan weet, jou digitale kudde sal veilig wees.
| |