|
Jou wil graag jou webwerf self oprig. Dalk omdat dit duur is om 'n tegnikus te huur. Of dalk omdat die vreugde om dit self te doen, jou na aan die hart lê. Dit is moontlik, selfs maklik.
Hieronder is enkele stappe wat jou in 'n kits op die lug sal hê.
|
Toets of die .co.za domeinnaam wat jy wil gebruik, beskikbaar is. Gebruik die soekfasiliteit hiernaas om dit te doen.
|
Sodra jy bevestig het dat jou gekose domeinnaam beskikbaar, skep vir jou publieke skryfspasie waar jou werf toeganklik sal wees.
|
Sodra jou skryfspasie geskep is, registreer jou domein. Die skakel hernaas sal jou voorsien van die vorm met al die instruksies. Vervang die XXXXX gedeeltes met die korrekte inligting. Epos dit dan in TEKSFORMAAT na die registrateur by die eposadres daarop aangedui.
|
Begin dan bou aan jou werf se inhoud. Hiernaas is 'n skakel na 'n selfbou webgids wat jou sal laat wonder hoekom jy ooit gedink het is moeilik.
|
Om die inhoud van jou webwerf op te laai na jou skryfspasie, benodig jy 'n oordragprogram. Gebruik die skakel hiernaas om vir jou 'n goeie oordragprogram af te laai.
|
| | | | | | | | | | | | | | |
| |