stof tot stof, stof tot nadenke
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Wat of wie is Stof?
Maak eers hier seker of jy hom wil ken...
Tuisblad

Jy kan stof uitvee met 'n besem by jou agterdeur. Of jy kan dit opskop in die lug in met jou stoffer. Maar dit sal weer terugkom. Pest Control het feitlik alle peste onder beheer, buiten stof.

In die laat sestigerjare het die wÍreld 'n stowwerige verrassing gekry. Daar is 'n outjie gebore wat later tot heelwat konflik onder diť wat hom ken, sou lei. Party sou selfs skaam wees om hom te ken. Maar ander, sou hom openlik waardeer het vir sy maskerlose Stof-wees...

Stof se eerste passie is sy medemens. Hy is passievol lief vir sy Skepper en wil deur sy werk, Vader se werk so vÍr as wat hy kan, bevorder.

Lees hieronder bietjie meer oor Stof se stofwees...


Die
Moruti
Die
Griffelaar
Op die
planke
Aanvullende
biografie
Radiokansel
onderhoud
Die
Geraasmaker
Stof raak vol draadwerk Die
Webapie
RSG
onderhoud
Stof se
kwalifikasies.
Stof se
identiteit.
Gesels met
Stof


Die Moruti

Dit is so maklik om in goeie tye te dink dat sukses selfgemaak is. Die versoeking om te roem dat hierdie voorspoed selfgemaak is, maak dikwels van ons monsters wat weinig respek teenoor 'n gelykgeskape medemens toon. Dis net so maklik om dan op 'n medemens neer te sien wat, op daardie stadium, nie so geseŽnd is nie. Stof se primÍre roeping is om die wat deur die formele sosiale stelsels, die formele kerke en veroordelende kultuurstelsels beroof is van hul menswaardigheid en selfbeeld, te dien. Hulle wat sukkel om te glo dat Jesus Christus hulle kan liefhÍ, want 'n mens kan hul dan nie eers liefhÍ nie. Deur in bedieninge en individuele situasies te dien waar die seergemaaktes en verworpenes tuis voel, poog Stof om ietsie van Christus se liefde en omgee te deel. Om hulle wat vas glo Jesus sal hulle nie raaksien nie, te toon dat Sy liefde en offer veral vir hulle is.

Stof is nie jou gewone bo-dorp moruti nie. Hy lyk ook nie soos die bodorp-moruti nie. Hy pas in waar hy werk en ag dit 'n voorreg om as familie aanvaar te word deur hulle wat deur ander verwerp word.

Stof bring ook gemiddeld drie maal per week Woord by 'n plaaslike gemeente. Hy konsulteer ook daar waar 'n medemens 'n nood of hartseer het wat uitgerafel en genees moet word. Hy bevestig die huwelike van hulle wat nie in die formele kerke en hul dogmatisme tuis voel nie, maar wedergebore mense is wat elders aanbid, waar hul tuisvoel. En soms, as Pa besluit dit is tyd dat 'n medemens bevordering kry na die ewigheid toe, het Stof die voorreg om die laaste groet te spreek, hetsy by aparte seremonie, of 'n sermonie by die graf, of beide.

Stof se ander groot liefde is bediening en konsultasie onder psigiatriese pasiŽnte. Hy het daarom sy neus bietjie in die boeke gaan druk en 'n paar papiertjies in die veld versamel sodat hy die roeping wat Pa hom gegee het om die psigiatiese pasiŽnt te bedien en te konsulteer, met 'n ekstra stukkie passie kan doen. Dit is dus met dank dat hy getuig dat daar besondere seŽn en gevolglik geseŽnde prognoses by gekonsulteerdes is in hierdie area van sy werk.

Deel gerus meer oor die vertakkinge van Stof se taak as moruti deur die skakels hieronder te gebruik.

Stowwerige bediening:
om op grondvlak gehoorsaam te wees
Psigiatriese
bediening
Sosiale
saamdra
Huweliks dienste Terug na indeks


Stof se gegriffel:

Soms neem Stof die griffel op en maak simbooltjies op 'n blanko papier. Ander kere gly sy vingers oor 'n sleutelbord en lÍ gedagtes vas. Stof is arogant genoeg om dit dan as literere stukke aan ander voor te hou...
Sommige lesers sou dan so oor hulle skouer loer om seker te maak die dominee sien hulle nie, en dan so skelm-skelm sy werke lees en in hul mou saamstem met hom, want dis mos waarhede wat nie publiek gesÍ behoort te word nie... Sodra die griffels egter ingesink het, erken hulle tog publiek, dat hulle Stof se werke gelees het.
Ander sou net die opskrif lees en sonder om die inhoud hul eie te probeer maak, dadelik oordeel. Hulle wat hom sou beskuldig dat hy nie binne die grense van normaliteit beweeg nie en dus nie saam met ordentlike skrywers op dieselfde podium hoort nie. Maar dit het Stof weinig gepla, want hy ly in elk geval nie aan die nare kwaal genaamd normaliteit nie.

Inspirasie vir sy griffelwerke spruit dikwels uit waarnemings sy van hoe sy Skepper die skepping onderhou en seŽn, tot in die kleinste en mees onverwagte detail. Hierdie werke getuig van Vader se grootheid en liefde vir Sy skepping.

Stof se griffelwerke het ook hulle oorsprong in sosiale waarnemings. Daardie dinge in sosiale en maatskaplike scenaria waar mense mekaar aanvul, of ongelukkig ook diep seermaak. In hierdie werke word menslike optrede wat, hetsy doelbewus of bloot onnadenkend gepleeg word, van die spesie "mens" bekyk en die gevolge daarvan op 'n medeskepsel gedokumenteer.

Stof kon in sy skryfwerk nog nooit van tonnelvisie beskuldig word nie, want hy is trots daarop om met van die randeiers in die bedryf geassosieer te word. Hulle wat gewoonlik deur die formele resensente wat aan waarheidsfobie ly, in 'n mindere genre geplaas sou word.

Stof smokkel al lankal met woorde. Danksy drie hoŽrskoolonderwysers, Susan van Zweel, Ansie Ras en Elsa Ward wat hom in die vroeŽ tagtigerjare toegerus het om gemaklik met die taal, die verhoog en sy kreatiewe sy om te gaan, het hy as skrywer en kreatiewe siel selfvertroue gekry. Hulle het geglo in wie en wat hy is, en ondanks die feit dat sy werke dikwels buite die leerplan geval het, het hulle hom die nodige leiding gegee wat laterjare baie beteken het in sy loopbaan. Hy kon dus maskerloos eerlik sy denke dokumenteer sonder om hom te laat inperk deur bepaalde vooroordele en dikwels beperkende akademiese skryfnorme, dinge wat die emosie in skryf dikwels probeer dooddruk.

Stof het reeds 'n paar bundels die lig laat sien. Hieronder is meer inligting oor die werke. Van hulle is tans beskikbaar, ander kan weer herdruk word as die aanvraag goed genoeg is en enkeles is D.V. binnekort oppad drukpers toe.

Splinters 1
ISBN no: 0-9584440-2-1
Tans uit druk
'n Bundel wat deur skets en poŽsie verskillende lewenssituasies en belewenisse vasvat vir wat dit is. Daar word gepoog om maskerloos sekere vrae te vra. Vrae waarop antwoorde dalk eerder retories moes wees. 'n Getuienisreis deur dale en hoogtes. Hierdie bundel is reeds uit druk.

Splinters 2
ISBN no: 0-9584440-1-3
Tans uit druk
'n Bundel in dieselfde trant as Splinters 1, behalwe dat hier meer oppervlakkige, dog essensiŽle dinge gedeel word. Deurentyd blyk dit dat al hierdie dinge nie sonder God se genade moontlik sou wees nie. Hierdie bundel is reeds uit druk.

'n Bondel Splinters
ISBN no: 0-9584721-1-4
Tans uit druk
Hierdie bundel is 'n omnibus van die poŽsiestukke in Splinters 1, Splinters 2 en 'n reeks nuwe werke wat na diť bundels ontstaan het. Dit raak verskeie lewenskwessies, deel vrae, genade en wonderbare draaipunte met jou. As jy genoeg selfvertroue het, skaf een aan en gaan delf in jou maskers en geraamtes met "'n Bondel splinters" as reisgids.

Splintersketse
ISBN no: 0-9584721-2-2
Tans uit druk
'n Omnibus van verrykende woordsketse wat in Splinters 1 en Splinters 2 voorkom, asook nuwe sketse wat daarna ontstaan het. Hier word vrae gevra, antwoorde gegee, versugtinge gedeel en hoop geskep. 'n Geredigeerde weergawe van "Swerwersjoernaal" kom ook in hierdie bundel voor.

PsigoŽt
Tans uit druk
ISBN no: 0-9584721-4-9
PsigoŽt beskryf waarnemings deur woordskets en poŽsie . Mense, mensreaksies, mensepsiges, selfgemaakte spoke, lewenskwellings en hoop word hier geanaliseer op 'n manier waarop jy jouself in baie stukke sal herken. 'n SiloeŽt van die psige. Hierdie bundel sal D.V binnekort verskyn.

Blonde Inspirasie
Tans uit druk
ISBN no: 0-9584721-7-3
Baie mense het Ďn indruk gemaak op Stof se lewenspad, en maak nog steeds hul indruk. Hierdie bundel is opgedra aan hulle, wat ookal die aard van hul individuele indruk was en of is. Sommige mag verbaas wees, ander mag skrik... Hierdie bundel sal D.V. binnekort verskyn

Stofnibus 1
In aanbou...
Weens die feit dat die bogenoemde werke almal tans uit druk is en dit moelik is om soveel publikasies individueel te herdruk, het Stof besluit om 'n omnibus saam te stel wat jou op 'n reis deur die keur van al hierdie publikasies neem. Kom lag en huil saam. Kom reis deur genade en beproewing. Kom deel in vreugdes en oorwinnings. Alles in een lekkerlees-volume.

Stowwerige geriffel... Navrae oor Stof
se bundels
Terug na indeks


Stof op die verhoog:

Stof was tot op hede ook op die verhoog met enkele produksies.

Saam met Capo het hy Hartsrefleks aangebied. Die naam van die stuk beskryf presies waaroor dit gaan. Die dinge wat in mense se harte leef maar waarvoor hulle bang of skaam is, is aangebied deur musiek en poŽsie.

Swerwersjoernaal was 'n solo drama gebasseer op 'n retoerreis van Pretoria na Port Elizabeth. Hier is gekrap onder die oppervlak, is elke stukkie van die reis ontleed en is daar interresante menswees-waarhede in ontdek.

Ontmaskering was 'n verhoogspel, waarin hy saam met Alecia en Sharolene, albei briljante opkomende verhoogpersoonlikhede, gaan delf het in die maskers wat ons gedwing word om te dra deur 'n samelewing. Die stuk het die gehoor maskerloos agtergelaat...

Stof het ook spore op die verhoog getrap met die produksie Spore en Skaniere, saam met Jan Hanekom. Spore en Skaniere is 'n smokkelspel, met jou kop! Net toe jy dink jy verstaan die nostalgie en geraamtes in my en jou kaste, kom Jan Hanekom en Stof en verwar jou heeltemal. Die gaste word genooi om te kom deel in die verwarring...

Die produksie Skoorsoekers, saam met Chrisman Baard en Willowred. Chrisman, Willowred en stof soek skoor op die verhoog. Hier word sosiale kommentaar op kreatiewe manier aangebied. Die gehoor kry die geleentheid om die dinge wat almal nog altyd dink, maar nooit uitspreek nie, te beleef deur musiek en woord.

Carol Olivier is 'n opkomende aktrise en sosiale kommentator. Carol het saam met Stof die stuk Kopsmokkelaars aangebied, waarin weereens met jou kop gesmokkel is. Carol en Stof het egter 'n punt daarvan gemaak dat hulle die regte kop vir die regte gas teruggee, na die uur en 'n half se deeglike gesmokkel...

In Maart 2013 het hy saam met Chrisman Baard, Renť Walch, en Eben Schefler die stuk "Ongerymd" aangebied by die Asbos teater. Ongerymd is 'n musikale en poŽtiese reis deur verskeie aspekte van hedendaagse sosiale ervarings vanuit 'n kreatiewe perspektief.

Stof se verhoog-
manewales
Terug na indeks


Stof raak vol draadwerk:

Stof is geseŽn met 'n verdere kwalifikasie wat hom magtig om as vakman bepaalde take te kan verrig en bepaalde dokumente te mag uitreik. Hierdie kwalifikasie word gebruik om hulle te dien wat nie andersins vakmantariewe kan bekostig nie. Stof adviseer ook soms 'n medemens oor die elektriese kant van hulle droomhuis se planne.

Stof raak vol
draadwerk
Terug na indeks


'n Stowwerige geraas:

Om geraas te maak kan steurend wees. Maar as dit goed beplan word en deeglik geÔnstalleer word, kan dit ook strelende klanke tot gevolg hÍ. Stof is soms doening met die beplanning en installasie van doelgemaakte klankstelsels. Daardeur wil hy help dat sy naaste beter te kan hoor, sonder om opgeskeep te sit met 'n verwronge of onluisterbare klankkwaliteit. Gesels met Stof as jy advies benodig oor die aankoop of installasie van 'n klankstelsel, hetsy vir mobiele of vaste doeleindes. Hy wil graag hÍ dat jou musikale talente, ook stelend op die oor van jou gehoor val.

Stof maak
geraas
Terug na indeks


Stowwerige webwerwe:

'n Webwerf hoef nie megagrepe groot te wees om treffend te wees nie. Dit hoef nie allerlei luukse grafika en ander insetsels te bevat om 'n impak te maak nie. 'n Webwerf wat kompak gebou is en geen onnodige kodering of randstandigdhede bevat nie, laai soveel vinniger af na die werfbesoeker se rekenaar en maak dat daar nie kosbare bandwydte verlore gaan nie.

As jy 'n luukse in indrukwekkende webwerf benodig, is Stof die verkeerde keuse. Maar as jy 'n effektiewe en ekonomiese webwerf benodig, kan Stof jou 'n handjie gee.

Stowwerige
webwerfbou
Terug na indeks


Stof se kwalifikasies

Stof is by FCCA gelegtimeer as'n Woordbedienaar. Hy is ook by die CCSA geregistreer, wat hom magtig om op proffesionele vlak as berader te funksioneer. Hy beskik ook oor B-min en D-min grade.

Wat sy vakmankant betref, beskik hy oor 'n MIE lisensie, en is ook by die Departement van Arbeid geregistreer om swaarstroom werk te mag verrig en toets.

Konsultasie
dienste
Terug na indeks

.