In My Tuin
Deur Adri van Wyk

Ek nooi altyd die Gees van God
vir my is dit glad nie verspot!
Om saam met my te kom wandel
die someraande het so 'n sprakel…

Al geselsend loop ons saam
in my tuin en onder die volmaan.
Dan is daar geen wegkruip plek
net soos ons niks vir God kan bedek.

Ek voel fantasties en sal nie wankel.
U het ook saam met Adam so gewandel
in die tuin van Eden as die aand windjie waai.
Gereeld kom maak U ook by my 'n draai.

Dit lyk of niks my tuin se harmonie kan versteur
Daar's in die somer die wonderlikste kleure & geur
In die beddings groei die blomme vrolik
selfs in die voëlbad gaan dit jolig.

Op die oomblik waai net golwe van stof…
Dit lyk of hul teen die huisie gaan ontplof!
Met verlange wag ek vir die somermaande
Sodat ons twee kan wandel in die aande…

Terug na indeks Epos die skrywer