Ja ek weet!
Deur Adri van Wyk
Ja ek weet, julle arme goed!
Julle harte pomp ook mos net bloed.
Julle hormone jaag heeltemal te hoog.
Dis waarom jul ouers heeldag so betoog.
Ja ek weet, jou sakgeld is te min!
Kan jou ouers jou nie net meer geld gun.
Maar jou ouers werk hard daarvoor.
Hulle het dit nie uit die lug getoor.
Ja ek weet, skool is sleg!
Die gevroeg opstaan is te erg.
Die tonne huiswerk en toetse skryf,
met 'n swaar tas teen jou lyf.
Ja ek weet, ma is te kwaai!
Maar sy weet, sy kan net raai.
Onthou sy het oë agter haar kop
en hou jou heeltyd dop….
Ja ek weet, pa is baie baie streng!
Hy wil altyd met die huistoe kom tyd inmeng.
Hy was ook jonk en wou alles probeer.
Dit is waar hy uit sy foute moes leer.
Ja ek weet, julle het dit baie swaar,
jy is vet en al jou maats is maer.
Groepsdruk is 'n lelike ding
moet nou nie jaloers raak en ander bespring!
Ja ek weet, jy dink jy is dom
en die ander in die klas snuif dalk gom.
Ek's so bly my beurt om tiener te wees is verby.
Ja ek weet, niemand verstaan ook die gevry.
Ja ek weet, die onnies is ook te kwaai
hulle laat soms julle mae draai!
Ja ek weet!
Ja ek weet!