Keurboomstrand
Deur Adri van Wyk

Net oor die Outeniekwaberg deur die draai,
gewaar jy die aller mooiste baai!
Eers kry jy die lang afdraend,
daar lê die dorp op jou regterhand.
Selfs al kom jy oor die Prins Alfred pas,
lê die baai daar, soos groen gras.
Ons kom net ander kant Plett tot stilstand
die plekkie se naam is Keurboomstrand.
Hier's 'n vreemde kruieagtige reuk van 'n bossie
wat jou nooit weer gaan laat lossie.
Vir jare lank het ons na Plett gegaan.
Die plekkie maak mens so aangedaan.
Desember vakansies hier bly altyd lekker
al val die reën op die karavaan se dak, met 'n geknetter.
Ons trek die karavane in 'n sirkel.
Die braaier en die vuur kom in die middel.
Bedags gaan vang die mans gewoonlik vis,
ek kan dan in die natuur se skoonheid sit en rus.
Soms stap hul met hul visstokke na Grootbank
ander kere na Platbank of Pietsebank.
Die kinders baljaar graag in die see.
Pasop vir die strome, hul trek jul dalk mee.
Later in die dag is ons baie trots op die mans.
'n Hele bos vissies was die dag se vangs.
'n Vriend van my het altyd gesê: "As jy lus is
vir vis is, moet jy by die kus is."
In die aand sit ons almal om die vuur,
vir heelwat langer as 'n paar uur…
'n Vreeslike "lamboudia" pak my elke jaar,
die Tsitsikamma koors kry ek net daar.
Ek sit sit hier en ek sit daar
ek voel nie rêrig siek nie, dit het ek gewaar.
Op Sondae hou ons kerk onder die Melkhoutbome
elkeen kom met sy kampstoel en sy drome.
In die agtergrond hoor jy die see se gedruis.
Hier in die boskerk voel almal tuis!

Terug na indeks Epos die skrywer